Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘South Pacific’ bring sonskyn na Kaap
Andrea Fourie vertolk die rol van Nellie Forbush in South Pacific. Foto: James Maritz

’n Groot en kleurvolle wintergenot wag op aanhangers van musiekspele wanneer South Pacific ’n tikkie sonskyn na die Kunstekaap bring.

Die musiekspel is onder andere geskryf deur die beroemde Amerikaanse duo Richard Rodgers en Oscar Hammerstein, wat ook musiekspele soos Oklahoma!, The King and I en The Sound of Music opgelewer het.

Nadat South Pacific in 1949 ’n wegholtreffer geword het, veral danksy liedjies soos “Some Enchanted Evening”, “There Is Nothin’ Like a Dame” en “Bali Ha’i”, gaan die vervaardiger G&S die musiekspel in Kaapstad ’n plaaslike geur gee met ’n rolverdeling wat 72 sangers en akteurs insluit. Elke vertoning sal deur die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, onder leiding van Alastair Cockburn, begelei word.

Volgens Kyla Thorburn, die musiekspel se regisseur, bevat South Pacific humor en hartseer, wat “die kern van enige goeie musiekspel is”. Thorburn was voorheen ook met onder meer The King and I (2008), Annie (2010) en My Fair Lady (2016) in die regisseurstoel.

South Pacific speel kort ná die inval op Pearl Harbour op twee denkbeeldige eilande in die suidelike Stille Oseaan af,” vertel sy. “Nellie, ’n Amerikaanse verpleegster, is op een van die eilande gestasioneer en raak verlief op Emile, ’n Fransman wat ’n plantasie besit. ’n Tweede romanse – tussen Joseph, ’n Amerikaanse luitenant, en Liat, ’n Polinesiese vrou – is ook in die kollig.

“Die storie skram nie weg van kwessies rondom oorlog, liefde, wat presies die lewe die moeite werd maak en onverdraagsaamheid nie – kwessies wat eintlik steeds baie relevant in Suid-Afrika is,” sê Thorburn.

Die storie skram nie weg van kwessies rondom oorlog, liefde, wat presies die lewe die moeite werd maak en onverdraagsaamheid nie – kwessies wat eintlik steeds baie relevant in Suid-Afrika is.
Kyla Thorburn, South Pacific-regisseur

Hoewel sy dit as ’n “militêre drama” beskryf, is dit nie deurgaans swaar nie.

“Dit is eintlik ’n fantastiese uitstappie vir die hele gesin – oupas en oumas, pa’s en ma’s, en hul kinders ouer as tien. My hoop is eintlik dat die gehoor met ’n huppel in hul stap en ’n glimlag op hul gesig by die teater sal uitstap met goeie herinneringe van die musiekspel.”

Die rolverdeling sluit onder andere Andrea Fourie en Sian Atterbury (om die beurt in die rol as Nellie), Riaan Hunter en Stephan le Roux (Emile), Charlene Martin en Siyavuya Vukutu (Bloody Mary), Richard White en Simon Thompson (Joseph) en Kaylene Hendricks en Laura-Jo Diedericks (Liat) in.

Michael Mitchell het die kostuums en stelontwerp behartig.

  • South Pacific is van 20 Julie tot 10 Augustus (Maandae uitgesluit) in die Kunstekaap te sien. Kaartjiepryse wissel tussen R135 en R290. Bespreek by Computicket.
Meer oor:  Musiek  |  Musiekspel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.