Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Stef Bos hou virtuele Valentynskonsert

Hoewel hy homself as ’n “lompe Hollander” beskou wat romantiese afsprake betref, is die Nederlandse sanger Stef Bos se virtuele Valentynskonsert, Bitterlief, Sondag te sien.

“Ek en my vrou is vanjaar 12 jaar getroud, en ek neem haar nou die eerste keer op Valentynsdag uit vir ete. Ek het ’n restaurant bespreek.”

Stef Bos

Bos (59) meen dit is sleg dat ’n mens juis op dié dag romanties moet wees.

“Ek is ’n baie slegte akteur. As ek romanties móét wees, gaan ek glad nie wees nie. Daarom trek ek die idee oop van liefde – in al sy gedaantes; vir jou land, jou ouers, jou taal.”

Dit is juis liefdesliedjies wat hom soms onderkry.

Die gedagte aan Bitterlief spruit uit die gelyknamige liedjie wat Bos geskryf het wat nog nie uitgereik is nie.

“En dit gaan letterlik oor liefdesliedjies, dat die meeste lirieke so swak is. Ek het op ’n dag by die huis aangekom nadat ek die kinders by die skool (hy woon in Kaapstad) afgelaai het. Toe speel ’n liedjie op RSG.

En dit was so ’n slegte song: ‘Jy laat my lewe, jy laat my swewe.’ Ek kon dit nie glo nie. My vrou sê toe: ‘Doen jy dit dan beter’.”

Bos betrek ook die negatiewe aspekte van ’n verhouding.

“As jy (in die liedjie) net ’n verering vir die ander het, is dit ’n baie verdagte liefde. As jy die hele pakket saamvat, dan raak dit interessant; anders as om ’n prentjie te skep van ‘alles is wonderlik, ons is so gelukkig’.

Bitterlief is die afgelope week in die Atterbury-teater in Pretoria verfilm – net Bos en sy klavier op die verhoog, met geen gehoor nie.

Hy het die afgelope jaar baie oor konserte gedink wat verfilm word en het vir dié opname besluit wil hy geen gehoorlede hê nie.

“Want as ek speel, wil ek regtig op die kamera fokus, dat ek bewus is daarvan dat mense by die huis kyk.”

Hy het in Desember in Nederland in ’n radio-opname wat vir televisie verfilm is, voor 30 mense gespeel.

“Ek het vir die kameramanne gesê, neem af net waar julle wil, selfs bo my kop, ek is in elk geval into the song. Die probleem is, jy is op ’n split path. Jy moet speel vir die mense wat daar is, maar aan die ander kant weet jy jy speel ook vir die kamera.”

Hy het in Desember in Nederland ontdek hy speel vir die kamera. Hy is eintlik ’n “teaterdier”, maar hy hou van die verfilming.

Bitterlief begin in sy kleedkamer. “En ek vertel dis my tweede huis vir 35 jaar al. Dis ’n deel van my lewe en dis ’n deel wat julle nooit sien nie; as ek voor die spieël sit voor ’n vertoning.

En dan vat ek hulle saam na die verhoog. En ek staan in die wings. Ek sê dit is die grens tussen werklikheid en verbeelding.

“Dis wonderlik om die mense saam te vat, dat hulle baie dig op jou vel sit. En dan te sê ek begin met ’n gedig van Breyten Breytenbach.”

Bitterlief is van Sondag af te sien. Dit is vir 72 uur vir jou beskikbaar. Kaartjies kos R120. Besoek optog.co.za/e-kaartjies/bitterlief-stef-bos/ om te bespreek.

Die konsert word deur Optog! aangebied.

Meer oor:  Optog!  |  Atterburyteater  |  Konsert  |  Klavier  |  Musiek  |  Verhoog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.