Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Stéfan Louw sing ten bate van sy vrou
Stéfan Louw Foto: Marisa Louw SAFREA

Die tenoor Stéfan Louw hou Sondag ’n konsert ten bate van sy vrou, Marisa, by wie borskanker in 2019 gediagnoseer is.

Marisa word Maandag in die hospitaal opgeneem vir die sewende operasie nadat sy in September verlede jaar ’n dubbele mastektomie ondergaan het.

Die behandeling sedert haar diagnose beloop sowat R500 000 per jaar, terwyl hul mediese fonds se onkologievoordeel net R200 000 per jaar bied.

Aria – Opera for Everyone, wat in die Pierneefteater in Pretoria aangebied word, is ’n ontspanne konsert met gewilde liedjies wat mense sal kan saamsing.

“Die konsert is baie interaktief,” sê Louw.

“Ek gesels met die mense tussendeur en vertel stories. Hulle sal baie van hierdie musiek goed ken. En uit ondervinding weet ek hulle sing dit graag saam. Dit is meestal bekende goed.”

Hy sing ook ’n treffer van Gé Korsten.

“Die mense sal van hierdie liedjie vir seker ken. Ek het in die verlede altyd gehuiwer om Gé se Afrikaanse liedjies te sing, want hy was al ouer as 50 toe hy dit gesing het. Ek het vanjaar 47 geword, so ek is nou meer in die posisie om reg daaraan te laat geskied.”

Louw het aan die begin van die jaar ’n reeks fondsinsamelingskonserte begin, maar hy moes konserte weens die Covid-19-pandemie aflas.

“Dit was ’n moeilike jaar. Iets soos 200 operahuise in Europa het hul deure gesluit en daardie huise gaan nie oornag heropen nie. Maar daar was al vantevore moeilike tye waar ons geleer het om vir onsself werk te skep. Jy moes jou eie planne maak. Ek is gelukkig dat dit afgelope twee maande beter gaan.

“Marisa se operasie op 30 November is om die prosedure van die rekonstruksie klaar te maak, om die behoorlike prostese in te sit. Hopelik is dit die laaste operasie wat hierdie prosedure betref.”

• Die konsert duur minder as ’n uur. Kaartjies kos R100 tot R120. Die teater mag slegs die helfte van sy gewone kapasiteit vul. Bel 012 329 0709 of stuur ’n e-pos na info@pierneefteater.co.za om te bespreek.

• Louw bied op Oukersdag ’n Kerskonsert aan in die Ou Grimbeekhuis in Potchefstroom.

Kaartjies kos R750, met ’n ete ingesluit.

Indien jy die konsert sonder ’n ete wil bywoon, kos kaartjies R200.

Bel André by 084 707 4631 en Marisa by 064 963 5386 om te bespreek.

• Louw hou op Valenstynsdag ’n konsert in Vredefort, maar besprekings en meer inligting is eers in Januarie beskikbaar.

Meer oor:  Opera  |  Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.