Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Stellenbosch-koor laat wêreld regop sit
Die Stellenbosch-universiteitskoor.Foto: Facebook, André van der Merwe

Die Stellenbosch-universiteitskoor se weergawe van die Christina Aguilera-liedjie “Say Something” is ’n treffer op sosiale media, met meer as 3,8 miljoen mense wat reeds daarna op YouTube gekyk het.

André van der Merwe, koordirigent, sê hy is verstom.

“Koorsang as sodanig kry nie soveel belangstelling op YouTube nie. Mense van plekke soos Dubai, China, Frankryk, Amerika, kontak my en vra die bladmusiek, het Van der Merwe Vrydag by navraag gesê.

Hy het die liedjie “Say Something” verwerk en ’n opname van die koor wat dié weergawe in die Endlersaal in Stellenbosch sing, is opgeneem en op sosiale media gedeel.

“Dit het net versprei. Iemand in New York het dit gesien. Verlede week het CNN insetsels gehad oor die koor. Dit is wonderlik,” sê Van der Merwe.

Die koordirigent André van der Merwe en die Stellenbosch-universiteitskoor. Foto: Facebook, André van der Merwe

Hy sê nie alle popmusiek werk vir koorsang nie. Dit klink na ’n heeltemal ander lied. Verwerkings van popmusiek vir ’n koor kan werk of nie werk nie, sê hy.

In die geval van “Say Something” dink miljoene mense dit werk baie goed.

Die universiteitskoor is boonop genooi om in 2019 by ’n fees in Harare, Zimbabwe, op te tree.

Van der Merwe sê Saartjie Botha, die koorbestuurder, het juis gesê dié koor kan nie weer oorsee gaan voordat hulle nie in Afrika self begin optree nie.

En net om te wys dat die US-koor beslis nou op almal se lippe is, is dié koor se weergawe van John Legend se “All of Me” ook reeds meer as 1,1 miljoen keer gekyk op YouTube.

Luister na die US-koor se weergawe van Say Something

Luister hier na die US-koor se weergawe van Al

l of Me van John Legend

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.