Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Stermusici span saam vir hospies

’n Paar Suid-Afrikaanse stermusici lewer komende week in Bloemfontein hulde aan die onbaatsugtige werk wat hospiese oor die wêreld heen verrig. Magdalene Minnaar, Charl du Plessis, die Drie Soprane uit Soweto, die sanggroep The Soul van Bloemfontein en die Bloemfonteinse Kinderkoor sal op die verhoog wees.

Magdalene Minnaar.
Charl du Plessis.

Voices for Hospice-konserte word elke tweede jaar wêreldwyd aangebied en vanjaar is die eerste keer dat Bloemfontein deelneem, sê Anneke Lamont, hoof van klavierstudie aan die Odeion Skool vir Musiek (OSM) en die dryfkrag agter die konsert. Sy vertel met groot geesdrif van die reusekonsert wat sy in 2017 met Richard Cock as dirigent vir Hospice Plett en Knysna gereël het en hoe belangrik en waardevol sy die palliatiewe sorg van die hospiesdienste in Suid-Afrika ag.

“Charl du Plessis (pianis) en Magdalene Minnaar (sopraan) span onder andere saam om ’n kaleidoskoop van musiekklanke te bring. Hulle is albei meesters van hul kuns en die gehoor sal in die gevarieerde program die verskillende fasette van menswees en die verloop van die lewe herken,” sê sy.

Hanneke Lubbe, hoof van Hospice Bloemfontein, het The Soul-groep genader en Minnaar sal die Drie Soprane van Soweto aan die gehoor voorstel.

Die Kinderkoor open die program onder leiding van Huibrie Verster en Du Plessis sal van sy unieke klavierwerke speel. Minnaar se bydrae is die Puccini-aria “Ebben? Ne andró Lontana”, “I love Paris” van Cole Porter en “On My Own” van Schönberg, en die Drie Soprane sing onder meer die gewilde Blommeduet uit Lakmé van Delibes en “Never enough”, ’n pop-ballade wat die Sweedse sopraan Jenny Lind in die 1800’s in The Greatest Showman bekend gemaak het.

  • Die konsert is op 22 Oktober om 19:30 in die Odeionteater op die UV-kampus. Die kaartjies kos R130 by Quicket of die deur.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.