Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Steve in Welkom terwyl Ghoemas hom verwerp

Steve Hofmeyr het radiostasies en kunstenaars wat hom ondersteun te midde van die Ghoema-omstredenheid, Woensdagaand op sosiale media bedank.

Hy het geskryf vanuit Welkom in die Vrystaat, waar hy in die Oppenheimer-teater opgetree het. Hofmeyr sê “ander” (kunstenaars) sal hom ook ondersteun wanneer dieselfde hulle tref as wat hom getref het: Sy kykNET Ghoema-benoeming vir beste musiekvideo is weens sy politieke standpunte onttrek.

Talle Afrikaanse sangers, onder wie Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay, Karlien van Jaarsveld, Adam Tas, Dewald Wasserfall, Nicholis Louw, Arno Jordaan, Corlea Botha en Ricus Nel het die Ghoema-toekenningsgeleentheid in solidariteit met Hofmeyr geboikot.

Die borg Immunadue het hom Woensdag ook aan die geleentheid onttrek uit protes teen die optrede teen Hofmeyr.

Steve Hofmeyr het dié foto van sy aanhangers in die Oppenheimerteater in Welkom Woensdagaand getwiet. Foto: Steve Hofmeyr/Twitter

Terwyl die glansgeleentheid in die Sun Arena in Pretoria Woensdagaand voortgegaan het, het Hofmeyr getwiet "Die land", wat vir die prys benoem is, het “lanklaas so mooi geklink soos vanaand in die Oppenheimer-teater.”

Hofmeyr het ook mond uitgespoel oor Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, wat “korrup en rassisties” is “maar natuurlik nie deur ENIGIEMAND geboikot word nie”.

Hofmeyr het ook Woensdagaand getwiet hy moes uit die dorp begelei word omdat betogende klipgooiers moles gemaak het. Die betoging het nie verband gehou met Hofmeyr se optrede nie.

Steve Hofmeyr Foto: Deon Raath

Van Blerk, Van Jaarsveld, Jay en Ruhan du Toit tree saam met Hofmeyr op in "Die land" se musiekvideo wat benoem is. Die organiseerders het dié benoeming egter teruggetrek nadat MultiChoice gedreig het om as borg te onttrek indien die benoeming behou word.

Joe Heshu, hoof van korporatiewe sake by MultiChoice, sê Hofmeyr se politieke standpunte stem nie ooreen met dié van die maatskappy nie.

Heidi Edeling, uitvoerende hoof van die Ghoemas, het toe gesê daar is deur ’n demokratiese stemproses besluit om die benoeming terug te trek.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê kunstenaars het ook die reg tot vryheid van spraak oor hul standpunte en dat maatskappye soos MultiChoice wat Afrikaanse kunstenaars boikot, nie ag slaan op minderhede se regte nie. “Hulle boikot in der waarheid die groter Afrikaanse en Afrikaanssprekende gemeenskap.”

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het in ’n ope brief aan Edeling beswaar teen die onttrekking van die benoeming gemaak en gesê mense is kwaad daaroor.

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Welkom  |  Ghoemas  |  Boikot  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.