Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Stomp’ stamp sy voete heerlik in jou ore
Spring! Dominik Schad van Duitsland wys hoe ’n mens klank met jou liggaam maak. Foto: Stomp Yes/No Productions

Die internasionaal bekroonde produksie Stomp het luidkeels in die Moederstad ingebulder gekom, en plaaslike ondersteuners het gehoor gegee.

Die Kunstekaap-teater was Sondag met die laaste vertoning bykans vol.

Dit is ’n vreugde om te ervaar hoe die groep hul liggame (van hande, vingers, hakke en voete) en alledaagse goed soos besems, vuurhoutjieboksies, blikke en skottels gebruik vir ’n energieke, laat-jou-skoon-uitasem- komiese uitvoering met perkussie, beweging en pantomimiek.

Daar is geen dialoog of musiek nie, want hier is ritme die enigste taal. En moenie wegkyk nie, want dan gaan jy iets mis!

Daar word ‘‘musiek” gemaak met enigiets denkbaar: skoppies en borsels, asblikke, metaal-emmers, opwasbakke, biervatte, wieldoppe, inkopiewaentjies, swembadpype, Zippo-

Die groep van Stomp maak heerlike ritmiese geraas met tamaai binnebande. Foto: Stomp Yes/No Productions

aanstekers, basketballe, plastieksakke, tamaai binnebande, koerante, asblikdeksels – alles wat klank kan genereer. Dit is aansteeklik met die gehoor wat saam klap en voete stamp.

Die groep is ’n goed geoliede masjien, gesinkroniseer en presies in voeling met mekaar se passies en nougeset in ritme. Dit is fisiek uitdagend, perfek gechoreografeer en kom vir seker met jare se oefening. Die komiese oomblikke was snaaks en nie geforseer nie.

Ná sowat ’n uur en veertig minute is die natgeswete groep met reg staande toegejuig.

Die geselskap kom vanoor die wêreld, insluitende Amerika, Brittanje en Switserland. Die meeste lede het ’n musikale agtergrond en van hulle is tromspelers en professionele dansers.

Stomp was ’n enorme sukses met staande toejuigings elke aand. Die gehore van alle ouderdomme was mal daaroor,” het Hazel Feldman van Showtime Management, Stomp se

Vee skoon. Die gehoor het net besemhare en handvatsels sien waai. Foto: Stomp Yes/No Productions

plaaslike promotor, gesê.

Dit is uitbundig en opgewek, energiek, luidrugtig en slim, alles behalwe alledaags.

Wie het nou woorde nodig as jy ritme het?

  • Vinnige feite:

Stomp is wêreldwyd al deur 12 miljoen mense gesien, met optredes in 55 lande op ses vastelande. Dit was vir een week by Kunstekaap. Daar is op enige tydstip tot vier Stomp-produksies in die wêreld te sien.

Daar is al sowat 60 000 bokse vuurhoutjies, 40 000 besems, 30 000 asblikke en 20 000 tromstokke gebruik.

Stomp is in 1991 in Brighton, Engeland, begin, die resultaat van ’n tien jaar lange samewerking van sy skeppers, Luke Cresswell en Steve McNicholas.

Dit is deur Showtime Management in samewerking met BBC First na Suid-Afrika gebring en het in 2010 ook hier getoer.

Meer oor:  Musiek  |  Dans  |  Stomp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.