Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Strykers ding nou later in Unisa-kompetisie mee

Unisa se derde nasionale strykerkompetisie is op die nippertjie met ’n maand uitgestel en sal nou van 14 tot 21 Augustus in Pretoria plaasvind.

Thapelo Masita is ’n tjellis van Bloemfontein wat tans vir ’n doktorsgraad aan die Juilliard-musiekskool in New York ingeskryf is. Foto: Verskaf

Dit sal weens die jongste Covid-19-maatreëls nie vir die publiek oop wees nie, maar alle optredes kan aanlyn geluister word.

Jazz- en klassiekemusiek-musici sou oorspronklik van 10 tot 17 Julie in Unisa se ZK Matthews-saal om die prysgeld van R260 000 meegeding het.

Die ses violiste onder die tien klassieke kandidate is Jeffrey Armstrong van Wellington, Tesmarie Jansen van Vuuren, Gilah Kellner en Moagi Masote van Gauteng, Jonathan Mayer van Durban en Marlise Theron van Stellenbosch.

Die tjelliste is Thapelo Masita van Bloemfontein, Nicola McLachlan van Kaapstad, Vaughan McLea van Johannesburg en Chris Njapha van Durban.

Nege kandidate is in die jazz-afdeling oor nadat die matriekleerling Nick Ford hom aan die kompetisie moes onttrek.

Die kitaarspelers is Sakhile Twala van Ekurhuleni, Bethuel Tshoane van Groblersdal, Nathan Swanson en Dalisu Ndlazi van Durban, Joshua de Oliveira van Gauteng, Stephen de Souza van Kaapstad, Angus Hardcastle van Gauteng en Estevan Kuhn van Pretoria.

Die kitaar- en kontrabasspeler Stephen de Souza neem in die jazz-afdeling van Unisa se nasionale strykerkompetisie deel. Foto: Verskaf
Gilah Kellner, een van die violiste in Unisa se nasionale strykerkompetisie. Foto: Verskaf

Die kontrabaskandidate is Sean Sanby van Kaapstad, asook Stephen de Souza, wat vir kitaar en kontrabas ingeskryf het.

Die kompetisie vind oor vier rondes plaas. Ná die eerste twee rondes word tien semifinaliste in elk van die twee kategorieë en ná die derde ronde vier finaliste aangewys.

Die klassiekemusiek-finaliste sal in die eindronde op 21 Augustus saam met ’n simfonieorkes en die jazzfinaliste saam met ’n ritme-ensemble optree.

Al agt finaliste (jazz en klassiek) word outomaties toegelaat tot Unisa se internasionale strykerkompetisie wat in 2022 die sesde keer gehou sal word.

Die wenners (jazz en klassiek) steek elkeen R80 000 in hul sak en die naaswenners R50 000 elk. Die res van die prysgeld word vir spesiale prestasies in die verskillende rondes toegeken.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Pandemie  |  Inperking  |  Koronaviruspandemie  |  Covid-19  |  Covid  |  Staat Van Inperking  |  Musiek  |  Unisa  |  Klassieke Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.