Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Strykorkes in Odeion
Jeanne-Louise Moolman

Die hoofwerk in ’n uitvoering deur die Odeion Sinfonia Sondag in Bloemfontein is Michael Haydn se Dubbel-concerto vir altviool, orrel en strykorkes in C majeur – Michael Haydn is die bekende Franz
Joseph Haydn se jonger broer.

Jan Beukes (orrel), artistieke hoof van die Odeion Skool vir Musiek (OSM), en Jeanne-Louise Moolman, die Odeion-strykkwartet se altviolis, is die soliste.

Anmari van der Westhuizen, aan wie wyle Derek Ochse die Sinfonia se dirigeerstokkie oorgegee het, sê sy het dié besonderse werk in Ochse se musiekbiblioteek gevind.

Ook op die program is Mozart se Divertimento nr. 3 in F majeur, wat hy op 16-jarige ouderdom gekomponeer het en uit drie bewegings bestaan.

Volgens Van der Westhuizen moet die gehoor die ore spits vir die stadige middelbeweging met sy pragtige melodieë.

Die Britse komponis Edward Elgar is bekend vir sy mooi romantiese klankkleure in strykermusiek wat duidelik hoorbaar is in al drie kort bewegings van sy Serenade vir strykers.

Die laaste werk op die program is Hindemith se Vyf stukke vir strykers waarin hy Barok- en Renaissance-vorme in die 20ste- eeuse styl en tonaliteit gebruik.

  • Die Odeion Sinfonia bestaan uit 25 strykers van wie die meeste lede studente is en ’n handjie vol gevorderde skoliere.Die uitvoering is op 18 September om 16:00 in die Odeion-teater, Kovsiekampus. Toegang is gratis.

Meer oor:  Klassiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.