Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Student wat op straat sing, reik 1ste snit uit

Hulle is super-trots op hom en hy verdien alle geluk wat na hom toe kom.

Naelon Andrews en Jessica Basson.Foto: Facebook

So sê Jessica Basson van George in die Suid-Kaap oor die gospelsanger Naelon Andrews (21) se eerste enkelsnit wat uitgereik is nadat hy ’n kontrak van Universal Music in Suid-Afrika losgeslaan het toe Basson ’n video waar hy op Facebook sing, versprei het.

Andrews, wat onderwys studeer by ’n private kollege, het in Maart vanjaar toevallig in George in ’n straat met sy kitaar geloop en sing toe Basson en ’n kollega wat buite hul werksplek was, hom gehoor het.

Basson het Andrews gevra of sy ’n video kan neem. Hy het “Rooftops” (ook sy eerste enkelsnit) van Jesus Culture gesing en sy het dit op Facebook geplaas. Ruben Delmage, ’n omroeper van die radiostasie GrootFM 90.5, het Basson toe gebel nadat hy haar video op Facebook gesien het. In April het Andrews van George na Pretoria gevlieg vir ’n onderhoud met Delmage by GrootFM se ateljees. Daar gekom, was Bino Boshoff, hoof van Afrikaanse musiek by Universal Music wat ook die video gesien het, ook by toe Andrews tydens die onderhoud in die #SlatDiePad-program meegedeel is dat hy ’n platekontrak losgeslaan het.

Andrews het Maandag die skakel na die snit op sy Facebook-blad Naelon Andrews Music gedeel met die boodskap “Hallo almal!! Ek is baie trots om die skakel van my eerste snit te deel met julle! Dankie vir die ondersteuning.”

Volgens Basson, wat Andrews se loopbaan nougeset volg, is hy ’n goeie mens met ’n goeie hart. “Hy verdien niks minder as geluk en vrede en hierdie awesome geleentheid nie,” sê sy.

Meer oor:  Musiek  |  Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.