Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Studente tree nou in ‘A Touch of Opera’ op
Albertus Engelbrecht

Sangstudente aan die Odeion Skool vir Musiek (OSM) word aan alle klassieke genres blootgestel, maar jaar ná jaar is dit opera wat hulle die meeste interesseer.

In 2017 is Mascagni se Cavalleria Rusticana onder die sanghoof Albertus Engelbrecht aangebied, en in 2018 Lehár se Merry Widow.

Professionele sangers van elders gaan nie vanjaar weer die hoofrolle vertolk nie, en alle sangstudente – van eerstejaars tot gevorderde studente – gaan die kans kry om aan A Touch of Opera deel te neem.

In die studenteproduksie sal arias, duette en koorwerke uit die Mozart-operas Le Nozze di Figaro en Die Zauberflöte en Verdi se Il Trovatore en Nabucco met klavierbegeleiding uitgevoer word.

Dit sal egter geen statiese aanbieding wees nie. Kundiges word ingespan vir die verhoog- en musiekregie asook beweging. Beligting sal ook help om die produksie aantreklik te maak, sê Engelbrecht.

  • 4 Oktober om 19:30 in die Odeionteater op die UV-kampus. Toegang is gratis.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.