Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Tarryn in wolke oor duet met Danie

Toe die Kaapse sangeres Tarryn Lamb gehoor het dat sy eerskomende Sondag saam met die legende Danie Niehaus in die SABC2-program In die kollig met . . . gaan optree, het sy hom gaan Google en na byna al sy liedjies geluister.

Tarryn Lamb

“Ek is meegevoer deur sy stem en oorweldig van opgewondenheid om saam met Danie te kan sing. Wat ’n eer en voorreg!” sê sy. Lamb, wat ook ’n lid van die sanggroep BlackByrd is, se naam is deesdae op almal se lippe.

In die VIA-werklikheidsreeks Die kontrak is sy een van vier bekendes in die musiekbedryf wat aspirantsangers touwys maak.

Lamb en Niehaus sing Sondag die liedjie “Sweef soos ’n Arend” saam en sy vertel dat sy hoendervel kry elke keer as sy aan daardie opname dink.

Haar ander gaskunstenaar Sondag is Jarrad Ricketts.

“Die Kaap is mos eintlik klein in sekere opsigte en ek ken Jarrad al jare lank. Ons sing Rachel Platten se ‘Fight Song’ saam, ’n kragtige lied met baie betekenis,” sê Lamb.

As sy terugkyk na 2018, was dit een van haar besigste jare ooit. Sy was Kim Adams in die kykNET-sepie Suidooster en het voorheen ’n Safta vir beste vroulike byspeler vir haar rol gewen.

“Ek het hierdie jaar baie gegroei op persoonlike vlak ook. Ek moes noodgedwonge leer om my tyd beter te bestuur juis omdat ek so besig was, maar ek het ook sterker geraak as mens en my fokus verskuif na dit wat regtig belangrik is,” sê sy.

Tarryn Lamb en Jarred Rickerts sing die liedjie ‘Fight Song’ saam.
Tarryn Lamb en Danie Niehaus sorg vir ’n kragtige vertoning van die liedjie “Sweef soos ’n arend”.

Sy vertel so ’n bietjie verleë dat sy televisiespeletjies speel om te ontspan en haar battery te herlaai.

“Ek is baie outyds en die gamers daarbuite sal my stenig, maar ek speel op my lekkerste Packman en Tetrus,” lag sy.

Tarryn se loopbaan het eintlik al in 2002 afgeskop toe sy in die top-50 van die eerste seisoen van die sangkompetisie Idols was.

In die kollig met... is Sondag om 17:00 op SABC2 te sien.

Meer oor:  Tarryn Lamb  |  Tv-Reeks  |  In Die Kollig Met . . .
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.