Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
'Teenage Dirtbag' se ‘slodderkouse’ nie meer tieners, maar reg vir SA

Die Amerikaanse rockgroep Wheatus, veral bekend om hul treffer “Teenage Dirtbag”, tree in April op die Lush-musiekfees buite Clarence in die Vrystaat op.

Wheatus

Hulle deel van 18 tot 20 April die verhoog hier met kunstenaars soos Jeremy Loops, Refentse, Shortstraw, Desmond and the Tutus, Jo Black en Spoegwolf.

Dit is die eerste keer dat die fees by Noah’s Cheese op ’n plaas buite Clarence aangebied word.

“Ek sien baie uit daarna om weer in Suid-Afrika op te tree,” sê Brendan B. Brown, stigter van Wheatus, wat tans aan hul sewende album werk en ná die Lush-fees na Europa vertrek.

“Jare gelede het ek ook in Suid-Afrika opgetree – nogal op die aanloopbane van lughawens, wat baie pret was. Dit was vier vinnige konserte. Ek dink dit was die somer van 2000. Wel, by julle (in Suid-Afrika) sou dit winter gewees het. Dit gaan lekker wees om op te vang ná soveel jare.

“Ek het ’n Suid-Afrikaanse vriend en ons het al dikwels oor die Suid-Afrikaanse politiek gesels. Sy ouers het die veranderinge ervaar – van vreeslike tye tot ’n tydperk van vergifnis en vrede.”

Spoegwolf

Wheatus beplan beslis om van hul toptreffers op die fees buite Clarens te vertolk, maar daar is nie ’n opgestelde speellys nie.

“Ons laat dit meestal in die gehoor se hande. Hulle kan liedjies uitroep wat hulle wil hoor. ‘Teenage Dirtbag’ is wel ’n waarborg, so ook ‘A Little Respect’. Ongelukkig gaan ons nie veel ander dinge kan doen terwyl ons in Suid-Afrika is nie.”

Terwyl hulle aan hul sewende album werk, gaan hulle ook ’n heropname van die hul debuutalbum doen. Albei albums word in 2020 uitgereik.

Tans het hulle twee nuwe enkelsnitte, “Lullaby” en “Tipsy” wat albei op Spotify beskikbaar is.

Brown, wat op sy eie die groep in 1995 begin het en vir ongeveer twee jaar alleen opgetree het, beskou hulle nog steeds as ’n kleinerige rockgroep.

Refentse

“Al is ons liedjie ‘Teenage Dirtbag’ oor die wêreld heen bekend, is ons eintlik maar nog steeds ’n klein New Yorkse groep.”

Dit was Wheatus se eerste enkelsnit en is steeds hul gewildste.

“Ons tweede gewildste liedjie is die opname wat ons van Erasure se ‘A Little Respect’ gedoen het. Ons tweede gewildste oorspronklike lied is ‘Lemonade’.”

Voor die ander lede aangesluit het, het hy homself die proses aangeleer om ’n album op te neem.

“Ek wou musiek ontwikkel tot op ’n sekere punt voordat ek dit aan mense wys.”

“Teenage Dirtbag” is al onder meer in die klankbaan van die HBO-minireeks Generation Kill gebruik.

Die liedjie wat handel oor ’n tiener, wat ook ’n buitestander is, se liefde vir ’n mooi meisie in die skool, se rakleeftyd duur voort.

“My pa het ook gesê dis omdat almal so ’n tydperk in hul lewe ervaar. Vir my is dit nie heeltemal waar nie. Ek dink sommige mense kry swaarder as ander. Maar dit is belangrik dat wat die lied vir my beteken sekondêr moet wees tot wat dit vir iemand anders beteken. Oplaas word my bedoeling daarmee irrelevant. Die lied het ’n lewe van sy eie as gevolg van die interpretasie daarvan en nie weens my oorspronklike bedoeling nie.”

Die huidige lede van Wheatus bestaan uit Brown, Matthew Milligan, Madden Klass, Brandon Ticer, Gabrielle Sterbenz, Joey Slater en Karlie Bruce.

* Die fees duur van 18 tot 20 April. Kaartjies kos R595 tot R745. Besoek howler.co.za om te bespreek.

Desmond and the Tutus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.