Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
The Boss saal wilde perd op met nuwe album
Bruce Springsteen is op byna 70 nog pure rocker. Foto: brucespringsteen.net

Op byna 70 is Bruce Springsteen nog pure rocker. Dit bewys hy volgens buitelandse resensente met sy nuwe album, Western Stars, wat pas uitgereik is.

Dié album is sy eerste sedert High Hopes in 2014.

Aanhangers het reeds ’n voorsmakie van die album gekry toe die liedjies “Hello, Sunshine”, “There Goes My Miracle” en “Tucson Train” in April en Mei as enkelsnitte uitgereik is. Nou is nog nege snitte – onder meer “The Wayfarer”, “Chasin’ Wild Horses” en “Sundown” – en ’n musiekvideo van die titelsnit ook beskikbaar.

Die joernalis en TV-aanbieder Erns Grundling sê hy het nog net na die eerste paar enkelsnitte geluister, maar is gaande daaroor.

“Min mense kan ’n naamlose of spesifieke hartseer en die langpad se lewenslesse so in lirieke en musiek vasvang soos Bruce Springsteen,” sê hy.

Bruce Springsteen se 19de ateljeealbum, Western Stars, is pas uitgereik.

Veral “Hello, Sunshine” is vir Grundling ’n “kragtoer wat slapende wonde wakker maak”.

Kritici in die buiteland kan ook nie oor die res van die album uitgepraat raak nie.

“Die klank is nie soos enigiets in sy omvattende katalogus nie,” skryf The Guardian se Neil Spencer, wat die album vier uit vyf sterre gee.

“Die 13 liedjies is egter steeds die Bruce wat ons ken. Dit is skitterend en boeiend.”

Madison Vain van Esquire stem saam en sê dit is The Boss se beste werk die afgelope dekade.

Western Stars bewys dat hy ’n verrassing of twee in sy jean se agtersak weggesteek het,” skryf sy.

Benewens die titelsnit is sy ook vol lof vir die snitte “Drive Fast (The Stuntman)”, “Somewhere North of Nashville” en “Moonlight Motel”.

Jon Pareles skryf in The New York Times die album is ’n “karakterstudie” wat “popmusiek van die vroeë 1970’s oproep”.

“Dit is ’n eksperiment met genre en narratief. Die meeste van (of dalk selfs al) die liedjies vertel ander mense se stories, nie sy eie nie.”

Meer oor:  Musiek  |  Bruce Springsteen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.