Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
The Kiffness polka met ’n kat

“Dalk lê die geheim van ’n gewilde musiekvideo daarin om ’n kat deel daarvan te maak.”

So skerts Dave Scott, beter bekend as die parodiesanger The Kiffness, nadat die musiekvideo van sy en die blinde Turkse straatmusikant Bilal Göregen se weergawe van die Finse volksliedjie “Ievan polkka” (Ieva se polka) meer as 13 miljoen trefslae op verskillende sosialemediaplatforms gekry het skaars ’n maand nadat dit uitgereik is.

Dit het tot dusver 3 miljoen trefslae op YouTube, 10 miljoen op Facebook en 3,1 miljoen op Twitter gekry.

Hy en Göregen maak musiek in die video, met nog mense – en ’n wit kat – wat nou en dan verskyn.

“Ek was, soos gewoonlik, besig om tyd te mors op Facebook toe ek ’n video sien waarin Bilal optree. Ek het nie voorheen van hierdie liedjie geweet nie. Dit was so catchy – dit het dadelik in my kop gemaal. En ek reken toe: Let’s give it a bash.”

Die oorspronklike liedjie is meer as nege dekades gelede uitgereik.

Scott het ’n soektog op die internet begin om te kyk of die liedjie voorheen herskep is.

“Ek het ’n kort remix gemaak en dit aanlyn uitgereik. Die terugvoering was so goed dat ek op Instagram ’n direkte boodskap aan Bilal gestuur het en gevra het of hy daarin belangstel om saam te werk.”

Hy het tot Scott se verbasing reageer en gesê hy hou van Scott se weergawe.

Hulle het ’n ooreenkoms bereik dat hulle die inkomste van hul weergawe gelykop sou deel.

Raiven Hunter, Scott se orkesmaat, speel saksofoon en Jane Baillie van die duo Veranda Panda speel viool in die liedjie.

Peach van Pletzen van die band Bittereinder was die klankmenger.

“Ons het later die vibing kat deel van die video gemaak,” sê hy.

Dave Scott, ook bekend as die parodiesanger The Kiffness.

“Die terugvoering is oorweldigend. Ek hou daarvan om hierdie goeie boodskappe te ontvang. Die wêreld ervaar ’n vreesaanjaende tyd. Die liedjie lig mense se gemoed.”

The Kiffness is bekend om liedjies soos “Find A Way” (saam met Shortstraw) en “Too Blessed to be Stressed”.

“Ek het nie juis ’n brandende begeerte om ’n nuwe parodie te skep nie, maar ’n mens weet nie hoe dinge sal verloop nie. Dit moet wel organies gebeur. Moenie dit dwing nie. Op die oomblik geniet ek hierdie goeie golf wat die musiekvideo geniet.”

Meer oor:  The Kiffness  |  Musiek  |  Musiekvideo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.