Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Tien top-optredes by Jacaranda Day

Maak jou reg vir Jacaranda Day, ’n dag van pret vir die hele gesin met kunstenaars soos MiCasa, Freshlyground, Jo Black, Bobby van Jaarsveld, Refentse, Martin Bester, The Parlotones, Juanita du Plessis, Brendan Peyper en DJ Jazzy D.

Die immergewilde Jacaranda FM-aanbieders sal by hulle op die verhoog aansluit met dié radiostasie wat die hele dag regstreeks uitsaai.

Jacaranda Day 2017

Jacaranda Day vind plaas op 2 Junie by die amfiteater van die Voortrekkermonument. Die verrigtinge begin om 10:00 en jy kan kuier tot 19:00. Die hekke maak om 09:00 oop.

Kaartjies kos R165 vir volwassenes en R85 vir kinders onder 12 en pensioentrekkers. Dit is beskikbaar by www.jacarandafm.com.

Parkering is ook beskikbaar teen R60 per voertuig.

Belangrik om te weet: Jacaranda Day 2018 sal kontantloos wees. Jy sal ’n debiet- of kredietkaart kan gebruik en jy kan ook kontant omskakel na ’n Jacaranda Day- kontantlose kaart by ’n kaartstasie, net verby die ingang.

Daar sal verskeie kos- en verversingstalletjies asook ’n spesiale kinderarea wees.

Onthou kussings om op te sit, sonbrandroom, piekniekmandjies, water, kos, komberse, sambrele en kampeer­stoele. Geen alkohol, troeteldiere of plastiek-koelbokse word toegelaat nie.

Meer oor:  Jo Black  |  The Parlotones  |  Micasa  |  Brendan Peyper  |  Bobby Van Jaarsveld  |  Refentse  |  Freshlyground  |  Martin Bester  |  Musiek  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.