Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Toe vind ek jou’ kry 10 miljoen trefslae op YouTube

“Dis crazy, man,” sê die sanger Francois van Coke nadat sy en die sangeres Karen Zoid se treffer “Toe vind ek jou” 10 miljoen trefslae op YouTube gekry het.

“Min Afrikaanse liedjies kry dit reg.”

Van Coke het gesoek na video’s wat dit ook al bereik het.

Ricus Nel se liedjie “Harde Kole” het dit voorheen behaal.

“Toe vind ek jou”, wat van Coke as ’n liefdesliedjie vir sy vrou, Lauren, geskryf het, is in 2015 uitgereik.

Zoid het hom daarmee bygestaan.

“Ek dink die tyd was reg,” sê Van Coke.

“Twee rockers wat ’n ballade skryf en opneem. Die emosie was ook reg. Ek het nie in my wildste drome soveel reaksie verwag nie. Ek onthou dag waarop die video uitgereik is: 8 April 2015. Teen 14:00 daardie middag het 25 000 mense dit reeds gesien. Ek kon dit nie glo nie.”

Van Coke het die liedjie al baie oor die afgelope vyf jaar gehoor.

Karen Zoid en Francois van Coke

“Op ’n fees is dit onvermydelik. Jy kan dit maklik 20 keer op ’n naweek hoor. En daar is ook weergawes op YouTube waar mense dit ge-cover het. Ek sou voorheen met my hond in my woonbuurt gaan stap het en dan ry mense verby my en die song weergalm by die kar uit.”

Van Coke meen dit is ’n tipe liedjie wat een keer oor ’n sanger se pad kom.

“Dit het persoonlike betekenis, maar die liefde is universeel. En die liedjie het trefkrag omdat ek en Karen saam daaraan gewerk het. Sy het my baie oor my en Lauren se verhouding uitgevra. Daar is dinge wat ek andersins nie maklik in ’n liedjie sou kon sê as dit nie vir Karen was nie.”

Meer oor:  Francois Van Coke  |  Karen Zoid  |  Youtube  |  "Toe Vind Ek Jou"  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.