Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Toni Braxton lewer emosionele, energieke optrede
Die internasionale sangsensasie Toni Braxton het aanhangers Saterdagaand by die Ticketpro Dome in Johannesburg vermaak. Foto: Glen 21

Min dinge gee ’n mens so hoendervel soos amper 20 000 mense wat woord vir woord saamsing. In dié geval was dit “Unbreak my heart” wat Toni Braxton Saterdagaand by haar konsert in die Ticketpro Dome uitgevoer het.

Toni Braxton sê dit voel vir haar asof sy huis toe kom wanneer sy Suid-Afrika besoek. Sy tree Dinsdag in Kaapstad op. Foto: Verskaf deur Glen 21

“Toni, Toni, Toni,” het die gehoor geskreeu en toe sy teen 22:00 die verhoog betree, was almal op hul voete.

Die partytjie het reeds om 20:00 begin met die Suid-Afrikaanse sangeres Shekinah wat die skare opgewarm het.

Met haar treffers “Back to the Beach”, “Let you know” en “Suited” het sy gewys waarom sy net so gewild oorsee soos in haar eie land is.

Toe breek die groot oomblik aan en Braxton verrys van onder die verhoog om haar plek in te neem.

Die aand het talle emosionele oomblikke opgelewer, byvoorbeeld toe Braxton onverwags met ’n Sony-musiekprys en ’n Universal-musiekprys bekroon is. Dié pryse is aan haar toegeken vir haar lewenslange bydrae tot musiek in Suid-Afrika.

’n Tranerige Braxton het die gehoor bedank.

“Daar was tye wat ek gedink het om op te gee, maar julle het my aan die gang gehou,” het sy gesê. Sy het ook verwys na haar stryd met lupus en haar ouers se egskeiding en hoe haar aanhangers haar deur dié moeilike tye staande gehou het.

Kaartjies vir Toni Braxton se vertoning in Johannesburg was uitverkoop en van haar aanhangers het selfs flou geword toe hulle haar op die verhoog sien Foto: Verskaf deur Glen 21
Toni Braxton was met tye baie emosioneel tydens haar optrede. Foto: Glen 21

Om dankie te sê, het sy aanhangers saam met haar op die verhoog verwelkom.

Op die maat van “Breathe again” het sy selfs in die skare ingeloop. Aanhangers het gestamp en gestoot om by haar uit te kom en sommiges het selfs flou geval van opgewondenheid.

Ná ’n uur se dans en puik musiek het Braxton haar vertoning met “Long as I live” afgesluit.

“Dit was ongelooflik. Ek het wel verwag die vertoning gaan ’n bietjie langer wees, maar ek is mal oor haar en haar hele familie,” sê Mandisa Ngcobo (28), wat van Durban gevlieg het om die vertoning by te woon.

Nthabiseng Koloba (38) van Bloemfontein het haar verjaarsdag by die konsert gevier en was sommer in haar noppies toe Braxton “Happy birthday to you” vir almal in die gehoor sing wat hul verjaarsdae vier.

“Haar liedjie ‘I wanna be your baby’ is my alarm en ‘Yesterday’ is my luitoon. Ek is mal oor haar,” het Koloba gesê.

Braxton tree op Dinsdag 12 November in Kaapstad op.

Toni Braxton bedank aanhangers vir hul volgehoue ondersteuning regdeur haar loopbaan. Foto: Glen 21
Meer oor:  Toni Braxton  |  Konsert  |  Musikant  |  Sanger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.