Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Topkore in Applous sing môre in Odeion

Ses skoolkore van Bloemfontein wat goud verwerf het in die onlangse ATKV-Applouskompetisie, tree môre onder die gepaste titel Goue kore in die Odeion-teater op.

Die geleentheid dien ook as voorbereiding vir die kore wat aan die gala-eindronde op Stellenbosch deelneem.

Elke koor sal drie liedjies sing.

Eerste aan die beurt is die junior koor van die Laer Meisieskool Oranje onder leiding van Angelique Novella en Alfred Vorster as begeleier. Dié koor het vanjaar sy sesde agtereenvolgende goue sertifikaat in die Applouskompetisie ontvang.

Werner Stander rig van 2012 die senior koor van dié skool af en het sedertdien drie keer goud in die Applouskompetisie losgesing. Maretha Steyn is die begeleier.

Willem Postma se senior koor onder Lynnette Liebenberg was verlede jaar die wenner in die afdeling vir Afrikaanse laerskole in Applous se eindronde in Port Elizabeth. Die koor het weer deurgedring na die eindronde op 7 Augustus op Stellenbosch.

Hulle is ook gekies om aan die eindronde van kykNET se koorkompetisie, Sing in harmonie, op 24 September in Gauteng op te tree. Alba Möller is die begeleier.

Die junior koor van die Laerskool Jim Fouché, met Lise Dippenaar aan die stuur en Belinda le Roux voor die klavier, het ook drie goue Apploussertifikate op hul kerfstok.

Hattingh Davel (dirigent) en Dana Cilliers (begeleier) lei Grey-kollege (sekondêr) se koor wat elke jaar die kern van die Grey-musiekfees vorm.

Vitae Cantamus, Eunice Girls High School se koor met Retha Visser as dirigent en pianis Elza Vosloo het ook na die Applous-eindronde op Stellenbosch deurgedring.

Dié koor het in 2014 skoonskip gemaak in die Internasionale Advent-koorkompetisie in Bratislava deur drie afdelings te wen, asook die Grand Prix as algehele wenner.

  • Verlede jaar is die koor as algehele wenner van die Tuinroete-koorfees in George aangewys.Goue Kore: 27 Junie om 19:30, Odeion-teater, Kovsiekampus. Kaartjies kos R50. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Kore
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.