Die twee wenners van die Javett-musiekpryse van die Universiteit van Pretoria (UP) vir vanjaar is aangekondig.

Sandisile Gqweta, wenner van die Javett-musiekprys vir jazz-sangers by die Universiteit van Pretoria.
Sandisile Gqweta is as die beste jazz-sanger aangewys en Olu Yakhe het die klassieke afdeling gewen.
“In Olu en Sandisile het ons twee jong sangers met baie talent,” sê prof. Alexander Johnson, hoof van die musiekdepartement.
“Hulle verdien om te wen en ons is verheug om hulle ’n platform te gee om hul vaardighede verder te ontwikkel.”
Yakhe en Gqweta het elkeen R25 000 gewen en het die eer gehad om verlede week op die toekenningsaand die verhoog te deel met Lenora Helm Hammonds, wat al vir ’n Grammy benoem is.
Helm Hammonds is tans in Suid-Afrika om jong sangers by die UP op te lei en was ook een van die beoordelaars.

Olu Yakhe, aangewys as die beste klassieke sanger.