Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Tweeling vir Kahn op pad
Kahn Morbee Foto: Herman Verwey

Dit is nie net aan die musiekfront dat Kahn Morbee (39) van die groep The Parlotones opwindende nuwighede beleef nie, maar ook tuis.

Hy en vrou, Candace, verwag hul tweelingseuntjies in September en boonop het hy onlangs sy tweede solo-album, A Noise in the Void, bekend gestel.

Oor die swangerskap is Morbee, wat reeds die pa van die tweejarige Jaxon Milo Morbee is, baie opgewonde, maar hy sê hy vind die gedagte van drie klein kindertjies in die huis ook nogal vreesaan­jaend.

“Ons was baie verras toe ons hoor dis ’n tweeling, want daar is glad nie tweelinge in een van ons se familie nie. Candace is dié keer baie ongemakliker as met haar vorige swangerskap en boonop hou Jaxon ons lekker besig.

“Hy is ’n woelige knapie,” sê hy.

Morbee het nog altyd ’n doelbewuste poging aangewend om sy vrou en kind uit die media te hou en is maar skugter om foto’s van hulle te laat publiseer.

Hy het wel ’n foto van sy blondekopseuntjie op sy selfoon wat hy met trots wys. Hy sê hy was self blond toe hy ’n kind was.

“Almal dink hy is ’n meisie met daardie lang hare,” lag Morbee.

Hy sê dit sou lekker gewees het om ’n dogtertjie te hê, maar hy twyfel of daar ná die tweeling nog kinders gaan wees.

Hy vind die gedagte van drie klein kindertjies in die huis nogal vreesaan­jaend.

“Ek het eintlik gedink ons is ná Jaxon al klaar!

“Dis nie altyd maklik om jou tyd tussen werk en jou gesin te verdeel nie.”

Dat hy sy tweede solo-album bekend gestel het, beteken glad nie dat dit die einde van die Parlo­tones is nie.

Die groep is vir die res van die jaar kliphard besig met konserte.

“Dis maar net vir my lekker om iets anders op my eie ook te doen en daar is ’n lekker balans tussen my solowerk en die Parlotones.

“Die Parlotones bestaan al byna 20 jaar. As ’n liedjieskrywer het ek ’n hele arsenaal liedjies wat daar rondlê en nie alles is regtig tipiese Parlotones-musiek nie,” sê hy.

Morbee se nuwe solo-album het beslis ’n ander soort klank en gevoel as dié van die Parlotones en hy het dit doelbewus so gedoen.

“Dit is lekker om soms ook met ander musikante te werk en hul energie en kreatiwiteit te beleef.”

Hy en Karen Zoid het onlangs ’n baie suksesvolle landwye toer met hul konsert We Could Be Divine gehad.

Dié twee goeie vriende sal beslis in die toekoms weer saamwerk.

Hy sal graag eendag sy seunskinders wil leer om kritiese denkers te wees.

“Ons moenie goed sommer net blindelings volg en aanvaar nie, ons moet vrae vra en sê as ons nie saamstem nie.

“Ek is nie ’n because I told you so-soort pa nie.”

Meer oor:  Kahn Morbee  |  Swangerskap  |  Tweeling  |  The Parlotones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.