Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Tygerberg-kinderkoor nou 4de op wêreldranglys vir kore

Die Tygerberg-kinderkoor het van die 40ste plek na die vierde plek opgeskuif op Interkultur se wêreldranglys vir kore.

Dit volg nadat die koor vanjaar die eerste keer in vier kategorieë deelgeneem het in die Wêreld­koorspele wat vroeër in Tshwane gehou is.

Dit was in die afdelings vir kinderkore, begeleide volksliedere, gewyde musiek met begeleiding en popkore.

Die Tygerberg Kinderkoor onder leiding van Hennie Loock.

Die koor is in twee afdelings as wêreldkampioen bekroon, naamlik kinderkore en gewyde musiek met begeleiding. Hulle het in die ander twee afdelings derde plekke en goue medaljes ver­ower.

Die koor se prestigekonsert word Sondag in die Endlersaal in Stellenbosch gehou. Dit word aan Hennie Loock, een van die voorste leiers van kinderkore in Suid-Afrika en sy vrou, Theresa, opgedra.

Vanjaar se koorprogram lyk anders as gewoonlik. Die formaat weerspieël die koor se Wêreld­koorspeleprogram, kategorie vir kategorie.

Dis ook ’n geskiedkundige jaar in die Tygerberg-kinderkoor se bestaan, want die laaste twee konserte onder die leierskap van Loock vind vanjaar plaas. Hy lê einde Maart 2019 die tuig neer ná 46 jaar as koorleier.

Theresa, die koor se begeleier en verwerker, is op verpligte siekteverlof sedert die begin van die jaar. Theo Alkema is tans die begeleier.

Die konsert begin om 16:00 en kaartjies kos R120. Bespreek by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.