Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
UNlaunch in Melrose Arch die naweek
Tamara Dey

Gewilde kunstenaars soos Tamara Dey en Ami Faku is te sien op die gratis #UNlaunch-fees wat Volkswagen die naweek by Melrose Arch hou om sy nuwe T-Roc-model bekend te stel.

Dit word later in Kaapstad en Durban aangebied.

Buiten die vermaak kan dié nuwe Volkswagen-model ook bestuur word.

“Ek hoop die gehoor sal dit soveel geniet soos wat ek gaan,” sê Dey, ook bekend as The First Lady of Kwaito.

“Ek is werklik opgewonde om hier op te tree. Die afgelope paar maande was ons weg van die verhoog. Ek kon wel baie werk tuis doen.”

Dey sing haar jongste enkelsnit, “Lock Me Up”, op die bekendstelling.

“Dit is heel toevallig voor die inperking geskryf. Minwetend. Ek het die inperking met my ma en dogter deurgebring. Gelukkig kon ek ’n tuisateljee inrig en ek kon deur my ongepubliseerde materiaal werk en nuwe werk skryf. Die musiek het my beslis aan die gang gehou.”

Dey het dié enkelsnit onafhanklik uitgereik.

“Dis ’n opwindende naweek. Ek sien uit daarna om daar te staan en uit die hart te sing.”

Dit word van Vrydag tot Sondag vyf keer twee uur lank aangebied met 100 mense wat dit mag bywoon.

Besoek TRocUnlaunch.co.za om te registreer. Toegang is gratis, maar ter waarde van R450, wat verversings en vermaak insluit.

Dit word op 5 en 6 Desember in die Groenpunt, Kaapstad gehou en op 12 Desember in Umhlanga Arc in Durban.

Meer oor:  Musiek  |  Tamara Dey
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.