Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
US-koor het nuwe CD, bied gratis etensuurkonserte

Die Stellenbosse Universiteitskoor het pas ’n nuwe CD Heavens’ Flock bekend gestel. Die koor is nou al die sesde agtereenvolgende jaar nommer een op Interkultur se ranglys van 1 000 internasionale kore.

Die album sluit liedere uit die koor se 2017-repertoire in, asook musiek wat die koor by die 2018 Llangollen Internasionale Musiek-eisteddfod in Wallis uitgevoer het.

André van der Merwe
André van der Merwe

Die koorleier, André van der Merwe, het ook die Jayne Davies-prys vir beste dirigent by die Llangollen-eisteddfod ontvang.

Die koor het op 4 April vanjaar die Woordtrofee in die klassieke musiek: vokaal-kategorie gewen vir hul optredes gedurende die US Woordfees. Hierdie twee etensuurkonserte was reeds lank voor die fees uitverkoop en byna al die US Koor se optredes in Mei is ook reeds uitverkoop.

’n Ekstra vertoning is daarom op 12 Mei 2019 om 19:30 in die US Konservatorium se Endler-saal geskeduleer. Kaartjies is op Computicket beskikbaar, maar belangstellendes sal moet spring om teleurstelling te voorkom. Ook vir hierdie vertoning is die Endler byna uitverkoop.

Die US-koor bied daarbenewens twee gratis etensuurkonserte by die US Konservatorium op 7 en 9 Mei om 13:10 aan. Daar is net 500 sitplekke per uitvoering beskikbaar en geen besprekings kan gemaak word nie. Diegene wat eerste daar is, het die beste kans om ’n sitplek te kry.

Een van die gehoorgunstelinge wat op die nuwe CD te hoor is, is “Baba Yetu”, wat al meer as 717 000 keer op YouTube gekyk is.

Heavens’ Flock kos R150 en word verkoop by optredes van die US Koor en by die US Woordfeeskantoor, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch, van Maandag tot Vrydag tussen 09:00 en 16:30. Die CD kan ook landwyd bestel word teen ’n ekstra R100 vir versending en aflewering. Stuur ’n e-pos aan woord@sun.ac.za om te bestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.