Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Valentynsdinee beloof hope vermaak

“Partykeer breek liefde jou hart,” sê die sanger Ampie du Preez, een van die sterre wat luister gaan verleen aan die Beeld-Kinderfonds se spogge­rige Valentynsdinee en -dans op Vrydag 15 Februarie by Union Caterers Utopia Place in Pretoria.

Ben Kruger, wat die rol van Okkie Ferreira in Binne-landers vertolk, en Daniah de Villiers, wat die rol van Trudie Ferreira vertolk.

Hoewel Valentynsdag juis die liefde vier, het Du Preez pas ’n nuwe liedjie, “Val sonder jou”, uitgereik. Dit gaan oor verlore liefde, met die een persoon wat aanbeweeg en die ander een wat nog treur. ’n Musiekvideo van die enkelsnit is onder regie van Sean Else vervaardig.

“Die meeste mense sal met die liedjie kan identifiseer en dit kom uit my hart,” sê Du Preez.

Nog gaskunstenaars wat die aand gaan optree, is Nádine en Nianell.

En die jaarlikse tradisie dat sepiesterre ook inloer, word voortgesit en dineegangers kan regmaak vir ’n kuier saam met Ben Kruger, wat die gewilde karakter Okkie Ferreira in Binnelanders vertolk. Okkie se kleindogter in die reeks, Trudie Ferreira – vertolk deur die jong aktrise Da­niah de Villiers – gaan ook daar wees.

Oudergewoonte is Union Caterers se span reeds besig met voorbereidings vir die aand, wat beloof om te voldoen aan ál die verwagtinge. Dit sluit in ’n sesgang-aansitete (met tafelwyn ingesluit), lekker dansmusiek en treffende dekor.

Benewens talle artikels wat opgeveil gaan word, kom gaste ook in aanmerking vir ’n prys: ’n naweek vir vier mense by Forever Resorts se gewilde Badplaas-oord.

Die borge van die geleentheid is Décor-D-Zign, FNB, Uitkyk Vleismark en Spar.

Kaartjies kos R550 per persoon. Gaste sit by tafels van agt, tien of 12 mense. Bespreek by 076 597 1282 of by info@beeldkinderfonds.co.za.

Die volle opbrengs van die geselligheid is ten bate van die Beeld-Kinderfonds.

Ampie du Preez, een van die kunstenaars wat by die dinee gaan optree. Op die agtergrond is Sean Else, regisseur van Du Preez se jongste musiekvideo.
Daniah de Villiers vertolk die rol van Trudie Ferreira in Binnelanders.

Meer oor:  Geldinsameling  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.