Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Van Coke se jongste weerspieël die lewe
Francois van Coke

Met sy tweede solo-album wat onlangs uitgereik is, sê Francois van Coke hy probeer met elke lied en album getrou en toepaslik bly ten opsigte van waar hy tans in sy lewe is.

“Dit gaan ook oor waar ek my tans in die wêreld bevind. Stick to your guns, maar jy moet relevant bly tot die huidige tyd,” sê van Coke wie se album Hierdie is die lewe op 2 Februarie uitgereik is.

Die eerste vers van “Dit raak beter (as jy ouer raak)” op die album gaan oor sy tienerjare. Dit was ’n tyd toe hy “onseker en bang” was. Met ouderdom (hy is nou 36) het hy egter meer gemaklik geraak.

“Soos dinge verander het, het ek begin om nie meer so erg om te gee wat mense van my dink nie.

“Jy worry minder. Ek is ook nou al amper vier maande pa. Dit word net al hoe beter om hierdie dogtertjie (Alex) voor ons te sien grootword.”

Van Coke tree ook Sondag saam met Jack Parow by Large on the Lawn in Johannesburg op.

“Ek probeer nooit dieselfde album of song weer skryf nie. Destyds was Fokofpolisiekar ’n groot uitlaatklep. Ons het goed gehad om te sê en ons het gehoop daar sal ander mense wees wat dieselfde voel, maar ons het nooit verwag dat daar soveel mense sou wees wat saam met ons gestem het nie.”

Met Hierdie is die lewe wou hy nie ander bekende name aan die album koppel nie.

Die treffer “Toe vind ek jou” wat hy saam met Karen Zoid sing, was ’n veel groter sukses as wat hulle verwag het.

Sedert Alex se geboorte, in November, was hy meestal by die huis, maar die afgelope maand was vir hom moeiliker as enigiets anders.

“Ek moes weer begin toer en daar lê nog optredes voor. Ek wil natuurlik so gereeld moontlik by die huis wees, maar ek besef ook ek moet toer om ’n lewe te maak.

“Maar ek wil kwaliteittyd by die huis kan deurbring.”

Hekke maak Sondag al om 13:00 oop en die konsert duur tot 17:00. Die adres: 1ste Weg 1, Randburg, Johannesburg.

Kaartjies kos R85 tot R250. Besoek http://largeonthelawn.co.za/tickets/26-february-2017/ om te bespreek.

Meer oor:  Francois Van Coke  |  Cd  |  Resensie  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.