Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Vera Lynn steeds gelief op 102
Die sangeres Vera Lynn (102).

Vera Lynn, vandag nog bekend as die “Forces’ Sweetheart”, het op 20 April vanjaar 102 jaar oud geword. Veterane van die Tweede Wêreldoorlog huldig haar steeds en sy is onder meer al aangewys as die Brit wat die gees van die 20ste eeu by uitnemendheid verpersoonlik het.

Geharde soldate se trane het geloop wanneer Lynn haar liedjies soos “We’ll Meet Again”, “The White Cliffs of Dover”, “A Nightingale Sang in Berkeley Square” en “There’ll Always Be an England” gesing het. Sy het soldate gedurende die Tweede Wêreldoorlog bemoedig tydens toere wat sy onder meer na Egipte, Indië en Birma onderneem het.

Sy was ná die oorlog steeds gewild en is dikwels op die radio en televisie in Brittanje en Amerika gehoor. Haar laaste enkelspeler, “I Love This Land”, is bekend gestel om die einde van die Falklands-oorlog te gedenk.

Op 92-jarige ouderdom in 2009 was sy die oudste lewende sanger om bo-aan die Britse UK Albums Chart te staan met ’n kompilasie-album We’ll Meet Again: The Very Best of Vera Lynn. Ter viering van haar 100ste verjaardag in 2017 het haar album met haar grootste treffers, Vera Lynn 100, in die derde plek op die treffersparade-lys gestaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.