Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Verdryf koue met Italiaanse arias in lewende lywe

Kaapse konsertgangers het die voorreg om ’n sanguitvoering van Italiaanse opera-arias met die bariton Theo Magongoma in lewende lywe in die Endler-saal op Stellenbosch te beleef.

Theo Magongoma Foto: Verskaf
Lauren Dasappa Foto: Verskaf

Die sopraan Lauren Dasappa en die tenoor Arthur Swan sal gasverskynings maak. Danie Fourie is die pianis.

“Verdi se mees veeleisende arias, asook musiek van Leoncavallo en Puccini, sal uitgevoer word. Vir die bekende duette uit Verdi se operas La traviata en Il trovatore sal Dasappa haar by Magongoma aansluit en Swan sal meedoen aan die trio uit Il trovatore,” skryf Fiona Grayer, die artistieke bestuurder van die musiekdepartement en konservatorium aan die Universiteit Stellenbosch (US).

Magongoma het die graad BMus (Hons) in sang aan die Universiteit van Kaapstad (UK) se Musiekkollege onder leiding van Brad Liebl verwerf en volg dit nou op met MMus-studies aan die US.

Terwyl hy ’n lid van die Kaapstadse opera-ateljee vir opkomende kunstenaars was, het Magongoma verskeie pryse en beurse ontvang, waarvan die belangrikste ’n prys van Queensland Opera in Australië en ’n Bruce Foote-beurs van die Meadows School of the Arts aan die Southern Methodist University in Dallas, VSA.

Fourie het soos Magongoma sy musiekstudie aan die UK begin, waar hy ’n BMus-graad behaal het, en het ’n voordraerslisensiaat in klavier van Unisa verwerf. Daarna is hy na Switserland vir nagraadse studie aan die Conservatoire de Musique in Genève.

Met sy terugkeer het hy met sy praktiese en akademiese kennis van musiek en dans by die Universiteit van Pretoria, die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT), die UK en Truk-ballet gewerk. Op akademiese gebied het hy lesings in Westerse dansmusikologie gegee terwyl hy in die praktyk by die voorste balletgeselskappe in Suid-Afrika betrokke was. Hy het ook aan plaaslike en internasionale somer- en winterskole deelgeneem.

  • Italiaanse opera-arias: 12 Junie om 19:00 in die Endler. Die kaartjies kos R120 en R80 (pensioenarisse en studente) by Computicket. Covid-19-maatreëls word streng nagekom. Net 100 mense word in die Endler toegelaat en ook net diegene wat maskers dra.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.