Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Virtuele konsert vir blyspelmeester Sondheim se 90ste

’n Sterbelaaide virtuele musiekkonsert met kunstenaars soos Meryl Streep, Bernadette Peters, Patti LuPone en Audra McDonald word Sondag aangebied ter viering van die komponis Stephen Sondheim se 90ste verjaardag.

Stephen Sondheim

Take Me To The World: A Sondheim 90th Birthday Celebration word regstreeks en gratis op Broadway.com en op Broadway.com se YouTube-kanaal uitgesaai.

Sondheim, bekend om musiekspele soos Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street, Into the Woods en Sunday in the Park with George, het op 22 Maart 90 jaar oud geword.

Sy loopbaan strek oor meer as ses dekades.

Hy is al beskryf as die man “wat die Amerikaanse musiekspel herskep het”.

Dit was reeds moeilik toe Broadway weens die Covid-19-pandemie sy deure moes sluit, maar die akteur Raúl Esparza, wat die konsert vervaardig en as seremoniemeester optree, het gereken dit is onmoontlik om Sondheim se 90ste verjaardag ongesiens te laat verby gaan.

“Ons het ’n groep kunstenaars bymekaar gebring wat lief vir Steve is en saam met hom gewerk en deur sy werk geïnspireer word,” sê Esparza.

“Ons is dalk ver weg van Broadway, maar Broadway is nooit ver van ons nie. Buitendien, Stephen Sondheim het 90 jaar oud geword. Hoeveel keer word jy 90?”

Stephen Sondheim is bekend om musiekspele soos Sundays in the Park with George en Into the Woods.

Esparza waarsku musiekliefhebbers dat die musiek nie so goed soos op die verhoog sal klink nie.

“Ons sal ons bes probeer, maar mense moet die DIY-gehalte daarvan waardeer.”

Dit is nie ’n retrospektiewe konsert nie.

Esparza kan nie wag om te hoor watter liedjies deur watter kunstenaar gekies is nie.

Elke kunstenaar is gevra om ’n liedjie te kies wat vir hulle vreugde of vertroosting bring.

Sondag is die 50ste herdenking van Sondheim se musiekspel Company se openingsaand.

Verskeie liedjies uit Sondheim se oeuvre word gesing in dié konsert ten bate van die organisasie Artists Striving to End Poverty (Astep).

Esparza het in verskeie van Sondheim se musiekspele opgetree.

Hy het in 2006 die rol van Bobby vertolk in die Tony-bekroonde herlewing van Company.

Hy was in 2002 in produksies van die musiekspele Sunday in the Park with George en Merrily We Roll Along.

Mary-Mitchell Campbell is die konsert se musiekregisseur en Paul Wontorek is die regisseur.

Stephen Sondheim het op 22 Maart 90 jaar oud geword.

Nog kunstenaars uit Hollywood en Broadway wat optree, sluit in Mandy Patinkin, Christine Baranski, Donna Murphy, Kristin Chenoweth, Sutton Foster, Brian Stokes Mitchell, Kelli O’Hara, Aaron Tveit, Maria Friedman, Iain Armitage, Katrina Lenk, Michael Cerveris, Brandon Uranowitz, Stephen Schwartz, Elizabeth Stanley, Chip Zien, Alexander Gemignani sowel as die rolverdeling van Pacific Overtures deur die Classic Stage Company.

“Die wêreld ervaar ’n moeilike tyd,” sê Esparza.

“En almal soek na iets wonderliks. Wel, Stephen Sondheim is die verpersoonliking van wonderlik.”

Die konsert begin Sondag om 20:00 (Amerikaanse tyd).

Bronne: Deadline.com, Broadway.com en New York Post

Meer oor:  Broadway  |  Hollywood  |  Musiek  |  Musiekblyspel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.