Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Virus trek 2 van SA musiekgroep plat

Die musiekgroep Rubber Duc het op sy Facebook-blad bekend gemaak dat twee van sy vyf lede die koronavirus opgedoen het.

Rubber Duc se lede is van links Kabelo Seleke, Brendan Campbell, Nick Jordaan, Amiel Gopal en Nick McCreadie. Foto: Verskaf

Luidens die inskrywing het die kitaarspeler Brendan Campbell (30) in Desember die virus opgedoen. Kort daarna is die baskitaarspeler Amiel Gopal (27) ook besmet en hy is in die hospitaal opgeneem nadat longontsteking by hom gediagnoseer is.

“Die boytjie (Gopal) het soos Mike Tyson baklei en in die proses die virus se oor afgeskeur voordat hy dit lank voor die eindronde ’n uitklophou gegee het,” lui die inskrywing.

Gopal is reeds uit die hospitaal ontslaan en albei lede sterk tans tuis aan.

Alishia van Deventer, die groep se reklame-agent by Starburst Promotions, het die inskrywing se inhoud aan Netwerk24 bevestig.

Die groep Rubber Duc het dié foto van sy baskitaarspeler, Amiel Gopal, in die hospitaal op sy Facebook-blad gedeel. Foto: Facebook

“Brendan herstel goed en is sedert die einde van Desember gesond,” sê sy.

“Amiel herstel ook baie goed, maar het steeds longontsteking. Hy is egter op die herstelpad.”

Van Deventer sê die twee groeplede het mekaar glo nie aangesteek nie.

“Brendan het vroeg in Desember al die virus gekry, en Amiel is vermoedelik deur sy vrou aangesteek nadat sy by die werk siek geword het.

“Net Amiel is in die hospitaal opgeneem – die Netcare Olivedale-hospitaal in Randburg, waar hy ongelooflike sorg ontvang het – nadat Covid-longontsteking 70% van sy longe beetgepak het.”

Die groep se ander drie lede, Nick Jordaan, Kabelo Seleke en Nick McCreadie, het die virus vrygespring.

Die groep, wat sedert 2013 met liedjies soos “Ain’t Nobody Got Time for That”, “It’s Alright” en “Stay with Me” opgang in Suid-Afrikaanse akoestiese dansmusiek maak, het hul aanhangers op Facebook bedank vir die steun wat hulle in dié tyd kry.

“Ons wil net ’n groot dankie sê aan almal wat vir ons boodskappe en liefde gestuur het.

“Daar lê vanjaar groot dinge vir Rubber Duc voor! Ons kan nie wag om dié magic met julle te deel nie.”

Meer oor:  Mike Tyson  |  Inperking  |  Koronaviruspandemie  |  Covid-19  |  Covid  |  Staat Van Inperking  |  Musiek  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.