Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Vliegtuig vat Anton Goosen noorde toe

Die liedjieboer, Anton Goosen, “kan nie net sit en voëltjies voer nie” en daarom toer hy vandeesweek na die noorde van die land.

Hy en die kitaarspeler Illimar Neitz deel Vrydag ’n verhoog in Mbombela, waarna hulle in verskeie venues in Pretoria musiek maak.

Toer na die noorde
Anton Goosen Foto: Estie Goosen

“Ja nee, die vliegtuig gaan sy vlerke noord vat. Ek sien uit na die weer in Mbombela.”

En die verhoog is die plek waar hy wil wees.

“Ek hou wel daarvan om die voëltjies te voer,” sê hy terwyl ’n janfrederik buite sy huis land.

“Maar toer is in ’n mens se bloed. Die jaar 2020 is eintlik uit ons almal se lewe gesteel. Dit het ’n geweldige effek op almal gehad, veral op kinders se lewe.”

Hoewel Goosen sy virtuele reeks Kaggelkuiers baie geniet het, glo hy ’n mens kan nie heeltyd aanlyn musiek maak nie.

“Die verhoog is die ultimate, real thing. Dis die verskil tussen geblikte musiek en ’n Roger Waters-konsert. Nie dat ek hom gesien het nie, maar dis ’n voorbeeld.”

Hy bied ’n mengsel van musiek uit meer as 40 jaar – die gewildes en die meer onlangse uitreikings.

Hy loof Neitz se musiekkennis. “Dit bring ’n interessante element na die vertonings.”

Goosen se albums is op sy konserte te koop. So ook eksemplare van sy outobiografie, Anton Goosen: liedjieboer, wat hy saam met die joernalis Hanlie Retief geskryf het. Dit is verlede jaar deur Tafelberg uitgereik.

Hy kan nie stilsit nie. “Ek skryf mos stadig . . . ” sê hy oor nuwe liedjies. “Ek hersien baie. Ek glo nie aan copy and paste nie.”

Vertonings:

• Vrydag om 20:00 in The Pub, Mbombela. Kaartjies kos R150. Bel Ettienne by 084 897 6000

• Saterdag om 20:00 in die Railways Café in Irene, Pretoria. Bespreek by https://tickets.tixsa.co.za/event/anton-goosen-live-at-railways-cafe

• Saterdag om 13:00 in Café Barcelona in Colbyn, Pretoria. Toegang is gratis.

• 21 Mei om 20:00 in die Jarr Bar in Weavind Park, Pretoria. Bespreek by https://www.quicket.co.za/events/139293-anton-goosen-live-in-pretoria-jarr-bar/#/

• 22 Mei om 20:00 by Stoep Stories in Magalieskruin, Pretoria, met Beeskraal. Kaartjies kos R100. Bel Frans by 073 257 9628.

• 23 Mei om 15:00 in Monte de Dios, Pretoria.

Bespreek by: https://tickets.tixsa.co.za/event/anton-goosen-live-in-monte-dome

Meer oor:  Anton Goosen  |  Pretoria  |  Mbombela  |  Konsert  |  Liedjieboer  |  Toer  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.