Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Vroue vat voor op kykNET Ghoema-aand

Vroue het voorgevat op die kykNET Ghoema-musiektoekennings vir 2019. Demi Lee Moore en Tarryn Lamb is onderskeidelik met vier en drie pryse huis toe. Die geleentheid is in die Sun Arena op Times Square in Pretoria gehou.

Moore is ryklik beloon vir die album Mis eet slaap herhaal, wat aangewys is as beste popalbum deur ’n vrouekunstenaar, en die liedjies met dieselfde titel wat deur Johan Oberholzer geskryf is, is aangewys as die beste komposisie van die jaar.

Die musiekvideo vir die lied is as die beste musiekvideo aangewys en die lied is ook die gewildste liedjie van die jaar. Sy het ook die ereprys vir die beste verkoper ontvang.

Lamb het kort op haar hakke gevolg met beste kontemporêre album deur ’n vrouekunstenaaar vir Mal oor jou. Die album is ook aangewys as album van die jaar en Lamb as vrouekunstenaar van die jaar.

Jan Blohm is met twee pryse bekroon – vir die beste alternatiewe album vir Die liefde album. Dit het ook in die kategorie vir die album wat die meeste afgelaai is, gewen.

Die lied wat pryse gewen het as die mees afgelaaide liedjie en die mees gestroomde liedjie van die jaar is Bok van Blerk en Robbie Wessels se “Sluise van die hemel”.

Snotkop het ook twee pryse met Sous losgeslaan. Dis aangewys as die beste popalbum deur ’n manskunstenaar en hy is ook aangewys as die manskunstenaar van die jaar.

Die rocker Piet Botha het met sy album Die middernagtrein gewys dat hy nog met die beste in die bedryf kan meeding. Hy het met die prys vir die beste rockalbum weggestap.

Twee pryse vir lewensbydrae is aan die immergewilde André Schwartz en die groep The Rockets oorhandig.

Die beste nuweling van die jaar is Ivan Roux met Daai ding. Die publiek se gewildste kunstenaars is Manie Jackson en Jennifer Zamudio. Adam is die groep van die jaar en die album Bewe is die beste album deur ’n duo of ’n groep. Refentse se Liefdesgenerasie is aangewys as die beste kontemporêre album deur ’n manskunstenaar.

Die volledige lys van wenners is:

Nuweling van die jaar

Ivan Roux – Daai ding

Beste komposisie van die jaar

Mis eet slaap herhaal – Demi Lee Moore (skrywer: Johan Oberholzer)

Beste hip hop-liedjie van die jaar

Ben Ten – Early B (skrywer: Early B)

Beste pop-album deur ’n manskunstenaar

Sous – Snotkop

Beste pop-album deur ’n vrouekunstenaar

Mis eet slaap herhaal – Demi Lee Moore

Beste kontemporêre album deur ’n manskunstenaar

Liefdegenerasie – Refentse

Beste kontemporêre album deur ’n vrouekunstenaar

Mal oor jou – Tarryn Lamb

Beste album deur ’n duo of groep

Bewe – Adam

Beste geestelike album

s1ng – s1

Beste kinderalbum of -DVD

Buster & Bella en die 8 talente – Buster & Bella

Beste alternatiewe album

Die liefde album – Jan Blohm

Beste rock-album

Die middernagtrein – Piet Botha

Beste hip hop-album

Al Jerome – Jerome Rex

Beste boere – of tradisionele musiek-album

Tuisgebak – Brian Nieuwoudt en Fred Rheeder

Beste instrumentale album

Joy – Lizelle le Roux

Beste musiekvideo

Mis eet slaap herhaal – Demi Lee Moore (regie: Christian Wolf van Brickwolf Creatives)

Beste liedjieskrywer: solo

Pietman Geldenhuys

Beste liedjieskrywer: samewerkingsgroep

Francois Henning en Dirk van Niekerk

Beste vervaardiger: solo

Robin Kielly

Beste vervaardiger: samewerkingsgroep

Elvis Blue en Juan “Floors” Oosthuizen

Mees afgelaaide album van die jaar

Die liefde album – Jan Blohm

Mees afgelaaide liedjie van die jaar

“Die sluise van die hemel” – Robbie Wessels en Bok van Blerk

Mees gestroomde album van die jaar

Aangename kennis – Early B (vervaardiger: Vaughan Fourie)

Mees gestroomde liedjie van die jaar

“Die sluise van die hemel” – Robbie Wessels en Bok van Blerk

Publiek se gunsteling- manskunstenaar

Manie Jackson

Publiek se gunsteling-vrouekunstenaar

Jennifer Zamudio

Publiek se gunsteling-duo of -groep

Vatvas-dansorkes

Gewildste liedjie van die jaar

“Mis eet slaap herhaal” – Demi Lee Moore (skrywer: Johan Oberholzer)

Ereprys: lewensbydrae

The Rockets

Ereprys: lewensbydrae

André Schwartz

Ereprys: beste verkoper

Mis eet slaap herhaal – Demi Lee Moore

Groep van die jaar

Adam

Manskunstenaar van die jaar

Snotkop

Vrouekunstenaar van die jaar

Tarryn Lamb

Album van die jaar

Mal oor jou – Tarryn Lamb

Meer oor:  Wenners  |  Ghoemas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.