Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Waterskeiding vir Charl du Plessis Trio in Bloem
Die Charl du Plessis Trio is van links Hugo Radyn, Charl du Plessis en Werner Spies. Hulle tree Dinsdag 5 September met hul Baroqueswing II-program in Bloemfontein op.

Die Charl du Plessis Trio bereik ’n waterskeiding wanneer hulle vandeesweek in Bloemfontein optree – dit is tien jaar dat Du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas en baskitaar) en Hugo Radyn (tromme) saam optree, maar ongelukkig ook Radyn se swanesang as lid van die groep.

Hy verruil die verhoog vir ’n klaskamer in China waar hy en sy vrou Engels gaan gee.

Dié Baroqueswing-uitvoering behoort dus verskeie snare te roer. Du Plessis sê die musiek wat gehoor sal word, is “ligte verwerkings van bekende Barokwerke soos Bach se bekende Toccata en fuga en Jesu, Joy of Man’s Desiring, Handel se “Halleluja”-koorwerk, Bach se Concerto vir Twee Viole en Vivaldi se Vier seisoene.

Die uitvoering is deel van ’n landwye bekendstelling van die trio se tweede Baroqueswing-CD wat onder die Claves-etiket in Switserland opgeneem is en met ’n Sama as beste instrumentale album bekroon is.

Die eerste Baroqueswing-CD was so ’n sukses dat die trio dit met ’n tweede opgevolg het en onlangs ook ’n derde in Switserland opgeneem het.

“Ons het pas ’n CD en DVD van Baroqueswing Volume III ontvang, wat eers einde vanjaar deur Claves uitgereik word, maar ek het ’n paar eksemplare wat saam met Baroqueswing Volume II by ons konsert te koop sal wees.”

Du Plessis sê hy handhaaf ’n fyn balans in sy verwerkings. Hy beklemtoon die ritmiese vitaliteit van die Barokmusiek maar maak seker hy doen nie die werk van die meesterkomponiste oneer aan nie. Die gevolg is ’n hoogs toeganklike uitvoering wat Barok-aanhangers en liefhebbers van ligte musiek plesier sal gee.
* 5 September om 19:30 in die Odeionteater, Kovsiekampus. Die kaartjies kos R150 by Computicket of die deur. Vir meer inligting, besoek charlduplessis.com.

Meer oor:  Charl Du Plessis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.