Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘We Will Rock You’ uitgestel tot volgende jaar

Die musiekkonsert We Will Rock You, wat die musiek van die Britse groep Queen vier, is tot volgende jaar uitgestel.

Dit sou in November vanjaar aangebied word.

Die beperking van net 50 gehoorlede om ’n gesonde afstand ingevolge die staat van inperking te handhaaf, is geldelik nie haalbaar nie en die gesondheidsrisiko is te groot.

Brian May, kitaarspeler van Queen.

Daarom het Showtime Management, wat die konsert reël, die datums aangeskuif.

Dit sal vanaf 23 Julie in die Teatro by Montecasino in Johannesburg gehou word, waarna dit van 3 September af in die Kunstekaap in Kaapstad op die planke sal wees.

Hazel Feldman van Showtime Management sê die span is positief dat dié produksie van die musiekspel deur Queen en Ben Elton wel volgende jaar aangebied kan word.

Dit vertel die verhaal van ’n groep boheme midde-in ’n distopiese toekoms en bestaan uit meer as 20 van die liedjies wat Queen met Freddie Mercury as hoofsanger die wêreld oor bekend gemaak het.

Ben Elton

Dit sluit in “It’s a Kind of Magic”, “Another One Bites the Dust”, “Bohemian Rhapsody”, “We are the Champions” en “Crazy Little Thing Called Love”.

Die rolverdeling word later aangekondig.

• Die speelvak in die Teatro in Johannesburg is van 23 Julie tot 22 Augustus en in die Kunstekaap van 3 September tot 3 Oktober. Kaartjies kos R100 tot R500. Bespreek by Computicket.

• Diegene wat vroeg roer, kan in September en Oktober afslag van 20% op alle kaartjiepryse kry vir die eerste Woensdag- en Donderdagvertonings in elke stad. Dit is op 28 en 29 Julie in Johannesburg en op 8 en 9 September in die Kunstekaap.

Meer oor:  Queen  |  Teatro  |  Kunstekaap  |  Musiek  |  Musiekkonsert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.