Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Leerlinge oefen hard vir weeklikse aanlyn konsert

Hoe kry ’n musiekonderwyser leerlinge sover om te oefen? Hou elke Vrydagaand ’n aanlyn konsert.

Joanita Erasmus-Alt

Joanita Erasmus-Alt, die musiekonderwyser aan die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, sê in haar 30 jaar in die onderwys het leerlinge nog nooit so hard geoefen en soveel verbeter soos vanjaar nie.

“Musiek het ook nog nooit soveel aandag by ons skool gekry nie.”

Die konserte het intussen uitgebrei en volwassenes tree ook nou op.

“Ons het eenvoudig begin met net musiekleerlinge van Fichardtpark se skool. Hulle moes my laat weet wat hulle in die konsert gaan speel, ek het ’n plakkaat gemaak en hulle het self hul selfoonopname op die groep geplaas. Omdat ek elke leerling ook ’n ‘admin’ gemaak het, kon hulle mense nooi en nou kyk sowat 160 mense van die Kaap tot in Pretoria elke Vrydagaand die konsert.”

In een van die konserte was belangstellende onderwysers die kunstenaars, oudleerlinge in ’n ander, die wenners van die jaarlikse Fichardtpark-musiekkompetisie kry ’n eie konsert en ’n interskole word beplan.

Sy gaan die konserte afsluit met hul jaarlikse Kers, vers en melodie, waarop die radioaanbieder en rugbykommentator Christo Olivier die voorlesings sal doen en die skoolkoor met ’n orkes sal optree. Soos vir alle aanlyn groepoptredes neem die orkeslede en koorsangers hul bydrae tuis op en kundiges stel die eindproduk saam.

Erasmus-Alt, wat ’n doktorsgraad in Afrikaanse letterkunde het, werk ook aan ’n eie produk. Sy het haar voorgeneem om elke dag van die aanvanklike 21 dae van inperking ’n gedig te toonset, en het dit inderdaad gedoen. Digters soos Heilna du Plooy, Hennie van Coller en Jerzy Koch het van hul eie gedigte gestuur. Koch is die Afrikaanssprekende Pool van wie die digbundel Pleks van plaas onlangs verskyn het.

Sy het ook gedigte van Eugène Marais, Elisabeth Eybers en Bibi Slippers op haar lys van 21 toonsettings. Erasmus-Alt sê Ena Jansen stel besonder baie in die projek belang en het benewens voorstelle van gedigte wat geskik is vir toonsettings ook die titel Klinkklaar voorgestel.

“Ek het die toonsettings met sekere musici in gedagte gedoen, dus sal die verse begelei word op klavier, fluit, viool, kerkorrel en selfs saxofoon. Vir die video-opname sal elke lied voorafgegaan word deur die voorlees van die gedig. Diegene wat eie gedigte verskaf het, sal self hul gedigte voorlees.”

Die uitsaaidatum van Kers, vers en melodie sal later bekend gemaak word, asook die bekendstelling van Klinkklaar.

Meer oor:  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.