Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Wen kaartjies na Petronel, vriende hou konsert van hoop

Vyf lesers kan elkeen ’n kaartjie na die sangeres Petronel Baard se virtuele konsert Petronel en vriende wen.

Baard het verskeie van haar kunstenaarsvriende genooi om deel te neem aan die konsert waarmee hulle hoop wil bring.

Dit word Sondag om 19:00 op YouTube uitgereik.

Petronel Baard en vriende hou Sondag ’n aanlyn konsert.

Die pianis Ben Schoeman, die skrywer Riana Scheepers en die sangers Jannie du Toit en Riku en Jackie Lätti het elkeen tuisvideo’s opgeneem.

“Omdat ek al soveel jare in kabaret werk, het ek al geleer hoe om bietjies-bietjies te werk,” sê Baard.

Sy kon nog nie haar nuwe kabaretkonsert, Musiek van die lang vrou: Die heelal draai, opvoer nadat kunstefeeste weens die Covid-19-pandemie afgelas is nie.

Dit sou op die KKNK in Oudtshoorn gedebuteer het.

“Vreemd genoeg het ek ’n dag voor die aankondiging van die KKNK saam met ’n vriendin op die strand gesit. Ek het aan haar genoem dat hier moontlik goed afgelas kan word. Ek moet daaraan dink om my aanlyn teenwoordigheid ’n bietjie uit te brei. En wragtig, toe kom die nuus van die KKNK daardie volgende dag.”

Baard se jongste enkelsnit, “Seek the Light”, is onlangs uitgereik.

Die Cordis Trust borg ’n gedeelte van die konsert.

Dr. Fanie Marais, stigter van dié niewinsgewende trust, lewer ook ’n boodskap van hoop in die konsert.

Baard het al die kunstenaars op hul sterkpunte laat fokus.

Scheepers lees ’n gedig voor wat sy voorheen geskryf het.

“Dit ’n gedig oor Bietang, die laaste strandlopervrou wat in ’n grot in Hermanus verdwyn het,” sê Baard.

“Sy lees dit voor op ’n stemnota met ’n boodskap vooraf en ek het die gedig getoonset. Jannie du Toit het twee baie mooi opnames in sy sitkamer gemaak.”

Baard het ook die saksofoonspeler McCoy Mrubata genader.

“Hy het op my eerste album gespeel. Hy het vir my ’n pragtige opname uit sy studeerkamer gestuur. En die pianis Godfrey Johnson. Ek het Godfrey ontmoet by Evita se Perron waar ek my tweede album opgeneem het. Ons is van toe af vriende, ons is kindred spirits en werk saam as Two Pianos, One Voice.”

Die ander kunstenaars is Luna Paige, Philippe Kangi, Stef Kruger, Schalk Maas, Jean Tunes Marais en Gavin Jay.

“Ons wil hoop bring en vir kunstenaars ’n kans gee om ’n inkomste te verdien,” sê Baard.

“Ons is almal nou op hierdie trein in ’n donker tonnel, maar ons gaan uit die tonnel kom. Ons is op pad.”

* Die eerste vyf lesers wat ’n e-pos na langvrou@gmail.com met petronelbaard as die onderwerp stuur wen ’n kaartjie na die konsert.

Kaartjies kos R100.

Petronel Baard

* Jy kan op drie maniere bespreek:

Bespreek jou kaartjie en stuur jou besonderhede en bewys van betaling met die verwysing “Petronel & Friends” na petronel.baard@gmail.com

LANG VROU

Capitec

Rekno. 1455764424

Takkode 470010 (Mosselbaai)

Gebruik die Quicket link. Onthou om eers aan te teken en dan kan jy van die verskeie opsies kies om betaling te doen.

https://www.quicket.co.za/events/104624-petronel-friends-a-message-of-hope/#/

Bespreek jou kaartjie deur die Pierneef Teater by https://pierneefteater.com/store/petronel-baard-and-friends

Meer oor:  Hoop  |  Sangers  |  Konsert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.