Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Wen kaartjies vir Helmut Lotti

Vyf lesers staan ’n kans om elkeen ’n dubbelkaartjie na die Belgiese sanger Helmut Lotti se konsert in Suid-Afrika sowel as sy nuutste album, Soul Classics in Symphony, te wen.

Helmut Lotti

Suid-Afrikaners het slegs een kans om na hom te gaan luister wanneer hy op 21 Maart optree in die Sun Arena by Time Square in Pretoria as deel van sy Comeback-konserttoer.

Hy is gaande oor Suid-Afrika, besoek die land dikwels en die mense hier is gaande oor hom.

Hy het die land in 1998 die eerste keer besoek en al ses vertonings in die Staatsteater is uitverkoop.

Lotti, wat sy loopbaan as ’n Elvis Presley-nabootser begin het en selfs ’n album en televisieprogram My Tribute to the King uitgereik het, vier ook vanjaar 30 jaar in die musiekbedryf.

Hy is ook bekend om sy destydse konserte Helmut Lotti Goes Classic.

Hy het al duette saam met groot name soos Andrea Bocelli, Sarah Brightman, Cliff Richard en Eros Ramazzoti uitgevoer.

Hy het 15 albums die lig laat sien.

Gedurende die afgelope twee maande het hy veral in Europa getoer.

Lotti tree op met ’n orkes en mense kan uitsien na liedere soos “O Sole Mio”, “Caruso”, “Purple Rain”, “Bohemian Rhapsody” en “You`ve Lost That Lovin’ Feeling”.

Die Nederlandse sangeres Amira, wat roem verwerf het met haar deelname aan Holland’s Got Talent in 2013, open die konsert.

* SMS jou naam en van en die woord Helmut na 35986 voor Vrydag 13:00 om vir die kompetisie in aanmerking te kom.

* Die konsert op 21 Maart begin om 15:00. Deure open om 14:00. Kaartjies kos R350 tot R745. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Musiek  |  Sangers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.