Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Wen kaartjies vir Jannie en Corlea

Twee lesers kan elk ’n dubbelkaartjie na Kersstories met Corlea Botha en Jannie Moolman losslaan.

Kersstories bestaan nie net uit ’n klomp Kersliedjies nie, sê Botha, wat Dinsdag en Donderdag saam met Moolman dié Kersproduksie in die Atterburyteater in Pretoria opvoer.

Corlea Botha en Jannie Moolman

“Ons probeer dinge ’n klein bietjie anders doen, want soveel van die Kersmusiek is alombekend en al soveel kere vantevore gehoor. Ons probeer dit elke keer spesiaal maak. Ons het hierdie program eksklusief uitgewerk. Ek glo nie ons gaan dit hierna elders doen nie.”

Botha en Moolman, wat in 2011 die eerste keer ’n verhoog gedeel het by die KKNK, vertel stories tesame met hul musiek. Sommige is eg Suid-Afrikaans en ander is nie noodwendig religieus nie, maar dit het met Kersfees te doen.

“Daar is selfs stories uit die Eerste Wêreldoorlog. Dit het ons so diep geraak toe ons dit die eerste keer gehoor het. Van die stories het ek al in die verlede gehoor, ook op radio en ek het ook gaan nalees. Van dit is ook vir dié program geskryf. Die produksie sluit ook gedigte in deur Rien Joubert. Dit het ons albei aangegryp.”

Hulle sing ook van hul eie liedjies, sowel as geestelike liedjies en musiek wat onder hul gunstelinge tel.

“In die eerste helfte vertel ons stories uit die verlede en dinge wat ons geraak het met so ’n paar humoristiese goedjies tussenin. In die tweede helfte vertel ons van Christus se geboorte.”

Moolman en Botha word begelei deur Engeli le Roux op klavier en Tiaan Nienaber op kitaar.

* Een leser kan ’n dubbelkaartjie na Dinsdag se vertoning wen en nog ’n ander leser kan een vir Donderdag se vertoning wen. Om in aanmerking te kom, stuur ’n e-pos aan info@atterburytheatre.co.za met jou naam en besonderhede voor Dinsdag voor 13:00 of Donderdag voor 13:00, afhangende van watter konsert jy wil bywoon.

* Vertonings is Dinsdag en Donderdag om 20:00. Kaartjies kos R220 tot R240. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Jannie Moolman  |  Corlea Botha  |  Atterburyteater  |  Musiek  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.