Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Wen kaartjies vir rockkonsert
Newtown Knife Gang

Die derde rockmusiekkonsert by Emperors Palace in Kempton Park gaan Saterdag vir baie opwinding sorg. En hoe dan anders met groepe soos The Narrow, WONDERboom, Newtown Knife Gang en SDO?

Dié konsert vorm deel van die Saturday Social Club-reeks, wat die naweke vol lewe by die Red Roman Shed in Emperors Palace blaas.

“Die vertonings bied ’n ongelooflike musikale ervaring in ’n sosiale, vriendelike ruimte,” sê Nic Rush van Rush Productions wat die reeks aanbied.

“Daar is niks soos ’n rockkonsert nie en ons is opgewonde om die land se beste musikante en sommige nuwelinge op die verhoog te kry.”

Kos en drankies, insluitend boetiekbier, is by die konsert te koop.

Kaartjies is teen R250 elk by Computicket of by Emperors Palace te koop. Besoek die webblad emperorspalace.com of skakel 011 928 1297/1213. Die deure maak Saterdag om 17:00 oop.

Wen

Een gelukkige leser kan twee kaartjies vir dié ongelooflike rockbelewenis wen. Stuur voor Vrydag 12:00 ’n e-pos na metro@beeld.com. Tik “Saturday Social Club” in die onderwerpveld en sit jou naam en kontaknommer by.

Meer oor:  Wonderboom  |  Emperors Palace
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.