Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Willim Welsyn wil ‘braaikaaster’ van Ladismith se storie vertel

Die musikant Willim Welsyn vier Donderdag Erfenisdag met ’n skarebefondsingsprojek om die gemeenskap van Ladismith in die Wes-Kaap te bemagtig.

Dit volg nadat Bert Lintvelt, ’n inwoner van dié dorp in die Klein-Karoo, vir Welsyn ’n braairooster in die vorm ’n kitaar as geskenk gebou het nadat hy ’n konsert van hom bygewoon het.

Willim Welsyn met sy Blitzkriek-braaikaaster. Foto: Gerhard Grobler

Welsyn het ’n foto van die rooster, wat hy die Blitzkriek-braaikaaster noem, op sosiale media geplaas en sy aanhangers was gaande daaroor.

Selfs die Britse musikant Keith Richards het een by sy Suid-Afrikaanse skoonfamilie present gekry, en die Springbok-rugbyspeler Eben Etzebeth besit ook ’n braaikaaster.

“Die roosters is so goed gebou,” sê Welsyn, “maar ons kort meer toerusting en opleiding om aan die vraag te voldoen, en dis alles te danke aan Bert se toewyding en vakmanskap. Hy is die beste ambagsman wat ek ken.”

Werner en Novi van Eik, ’n nefie en niggie, werk saam met Lintvelt.

Bert Lintvelt met een van die braairoosters wat hy maak. Foto: Willim Welsyn

“My suster en my swaer woon en werk in Nederland, maar hul regte huis is in Ladismith,” sê Welsyn.

“Bert woon, werk en kyk na hulle huis in Ladismith. Toe my suster-hulle met my ma se verjaardag kom kuier het, het ons op my suster-hulle se stoep opgetree. Dis die eerste keer wat Bert my sien optree het.”

Mense van oor die wêreld het bestellings geplaas en Lintveld en die Van Eiks het aan die werk gespring.

Meer as 100 Blitzkriek-braaikaasters is al gemaak.

Werner en Novi van Eik. Foto: Willim Welsyn

“It takes a village,” sê Welsyn.

“Daar is nog baie ander ontwerpe op pad. Maar dit alles neem tyd om te ontwikkel. Die volgende reeks gaan die Blitzkriek-stratobraaikaaster wees, in die vorm van ’n elektriese kitaar. Dan is die Blomkaaster, die kompakte Baby-braai en die Braai2D2 onderweg.

“Dit is die hardste wat ek nog enigiemand sien werk het. Bert se storie moet vertel word. Dis hoekom ek die skarebefondsing begin het, want hierdie storie moenie stop nie.

Die Springbok-rugbyspeler Eben Etzebeth by sy Blitzkriek-braaikaster. Foto: Gillian Coetzee

“Dit gaan swaar met die mense in Ladismith, maar daar is hoop. Ons gaan braai op ons braaikaasters en ons storie van hoop, gemeenskap, familie en samesyn deel met die wêreld. Bert, Boetie, Novi en my sussie, Zazzie, het hard gewerk om die eerste 100 roosters die wêreld in te stuur. Veral Bert. Daardie man se hande is stomp gewerk. Ek hoop die storie gryp mense se hart aan.”

• Indien jy ’n bydrae vir die hulp aan Ladismith se gemeenskap wil maak, besoek thundafund.com en williamwelfare.com vir meer inligting.

Willim Welsyn op die verhoog. Foto: Henno Kruger
Meer oor:  Willim Welsyn  |  Eben Etzebeth  |  Bert Lintvelt  |  Braairooster  |  Skarebefondsing  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.