Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
WONDERboom behaal driekuns

Die groep WONDERboom behaal in sy 22ste bestaansjaar ’n driekuns.

Hulle het ná sewe jaar weer ’n album bekend gestel. Rising Sun is hul negende album. Hulle het ook ’n plaaslike toer bekend gemaak.

Nog ’n verrassing is hul enkelspeler “Praying Mantis” (deur Cito Otto en Martin Schofield) sal van 30 Julie gehoor kan word. Dit gaan oor die gevolge wanneer ’n man vir ’n femme fatale val.

Die lede van WONDERboom – Jonathan Bell, Martin Schofield, Cito Otto en Wade Williams.Foto: Anton van Straaten

Dis deel van ’n hele verhaal wat op die album vertel word. Dis die eerste keer wat hulle musiek op hierdie manier aanbied.

WONDERboom het al verskeie musiekpryse gewen. Hulle is veral bekend vir hul rockklank, maar hulle het ook deur die jare met verskillende genres eksperimenteer, van funk en punk tot by Afro-dance.

Jonathan Bell, die tromspeler, sê in ’n verklaring die jongste album is anders as hul vorige musiek, terwyl Wade Williams, baskitaarspeler, meen hulle verskuif die grense met iets buitengewoon.

Schofield (kitaar en sang) het met die idee begin om ’n soort fantasieverhaal te skep met iets lighartig wat ook terselfdertyd donker ondertone het. Dit wys dat mense nie dinge te ernstig moet opneem nie al gaan hulle deur ’n moeilike tyd.

Bell het in 2013 by die groep aangesluit ná die dood van die vorige tromspeler Garth McLeod.

In 2017 het hulle Suid-Afrika by die Silk Road Indie Music Festival in Chengdu, China, verteenwoordig. Hier is hulle met ’n goue prys bekroon.

Hul The Best Side Story Tour begin op 31 Augustus in Middelburg (Rustique Boutique).

Die res van die toer is as volg:

September:

6 – Barnyard Silverstar Casino, Krugersdorp

15 – Casalinga, Muldersdrift

21 – Barnyard Plettenbergbaai

22 – Vinyl, Kaapstad

23 – Café Roux Noordhoek, Kaapstad

27 – Barnyard Emperors, Oos-Rand

28 – Barnyard Rivonia, Johannesburg

Oktober:

13 – Barnyard Casterbridge, Witrivier

25 – Musiekskuur (Rockwood-teater), Pretoria

26 – Caversham Mill, KwaZulu-Natal

November:

3 – Die Ou Pastorie, Brits

10 – Radium Beer Hall, Johannesburg

Gaan luister na WONDERboom se musiek by SoundCloud: www.soundcloud.com/wonderboom

Vir meer inligting besoek https://www.facebook.com/WONDERboomBand/

Meer oor:  Wonderboom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.