Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
WONDERboom open vir Guns N’ Roses
Wonderboom bestaan uit Jonathan Bell, Martin Schofield, Cito Otto en Wade Williams.Foto: Anton van Straaten

WONDERboom gaan vir Guns N’ Roses open wanneer laasgenoemde in Johannesburg optree. Dis die eerste keer wat die groep in Suid-Afrika optree. Hulle het in 2016 met

hul Not In This Lifetime-toer begin.

Die konsert is op 29 November in die FNB-stadion in Johannesburg. Guns N’ Roses oorheers ná 30 jaar steeds die rockwêreld.

Meer as ’n miljoen kaartjies is in 2017 in Europa vir die toer verkoop.

Hulle was by die Download-fees in Brittanje, Italië se Firenze Rocks en België se Graspop Metal Meeting. Hulle gaan ook in Indonesië, die Filippyne, Maleisië, Taiwan, Hongkong en Abu Dhabi optree.

Sedert 2016 het hulle 149 konserte gehou wat bygewoon is deur meer as vyf miljoen mense.

Die lede van Guns N’ Roses’ is Axl Rose (sang, klavier), Duff McKagan (baskitaar), Slash (kitaar), Dizzy Reed (klawerbord), Richard Fortus (ritmekitaar), Frank Ferrer (tromme) en Melissa Reese (klawerbord).

Die groep is in 1985 gestig en hul debuutalbum Appetite for Destruction (1987) was die debuutalbum wat die meeste ooit in Amerika verkoop het.

WONDERboom bestaan reeds 22 jaar en het al nege albums gemaak. Hulle is reeds vyf keer vir beste rockalbum benoem by die Samas. In 2004 het hulle die Suid-Afrikaanse deel van die wêreldwye Battle of the Bands gewen en in Londen was hulle die naaswenners in die finale ronde.

Kaartjies kan by www.bigconcerts.co.za bespreek word en kos tussen R515 en R1 540.

Meer oor:  Wonderboom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.