Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Woodstock vanjaar op 2 feeste herdenk

Twee geleenthede gaan gehou word ter herdenking van Woodstock, een van die grootste musiekgebeurtenisse in die populêre musiekgeskiedenis, 50 jaar gelede.

Die destydse plakkaat vir die Woodstock-fees is ontwerp deur Arnold Skolnick.

Een sal gehou word op die oorspronklike terrein. Dit volg kort nadat Michael Lang, medeorganiseerder van die 1969-musiekfees, aangekondig het dat die amptelike Woodstock-musiek- en kunstefees van 16 tot 18 Augustus op die Watkins Glen Internasionale resiesbaan in Watkins Glen, New York, gehou gaan word.

Verlede maand het die Bethel Woods-kunstesentrum, wat die huidige eienaar is van die plaas waar die oorspronklike fees gehou is, gesê het hier gaan ’n gedenkfees gehou word.

Lang het gesê die lys van kunstenaars vir die amptelike fees gaan later bekend gemaak word en kaartjieverkope begin eersdaags.

Die oorspronklike buitelugmusiekfees is op Max Yasgur se melkplaas van 600 acre (bykans 283 ha) naby White Lake in Bethel, New York, ongeveer 70 km suidwes van Woodstock. Die feesterrein is selfs vandag op Amerika se nasionale register van historiese gebeure.

Michael LangFoto: GETTY IMAGES

Om en by 400 000 mense het dit bygewoon en 32 kunstenaars het opgetree. Onder hulle was Joan Baez, Ravi Shankar, Arlo Guthrie, Canned Heat, Janis Hoplin, Creedence Clearwater Revival en Crosby, Stills, Nash & Young.

Dis bemark as drie dae van vrede en musiek. Die tydskrif Rolling Stone het dit gelys as een van die 50 oomblikke wat die geskiedenis van rock vir altyd verander het.

Van die kunstenaars wat seker daarna hul hare uit die kop wou trek omdat hulle nie daar was nie, is The Doors, Rolling Stones, Moody Blues, Led Zeppelin, Bob Dylan en Simon & Garfunkel.

Die dokumentêr rolprent Woodstock het in 1970 ’n Oscar gewen en daarmee saam het die ikoniese klankbaanalbum verskyn. Joni Mitchell se lied “Woodstock” het die gebeurtenis gedenk en was ’n groot treffer vir beide Crosby, Stills, Nash & Young en Matthews’ Southern Comfort.

’n Deel van die skare wat die musiekfees bygewoon het.

Volgens Lang sal dit interessant wees as kunstenaars destyds se musiek interpreteer. Hy hoop om unieke samewerkings en selfs reünies byeen te bring.

Die geleentheid sal aanlyn gestroom word vir diegene wat dit nie kan bywoon nie.

Bronne: Classic Rock, Wikipedia, CBS News, Rolling Stone, Reuters

Meer oor:  Woodstock
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.