Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Wouter Kellerman en Ndlovu-jeugkoor wen internasionale prys

“Dit is fantasties dat Suid-Afrikaanse musiek so ’n impak oorsee maak,” sê die Suid-Afrikaanse fluitspeler Wouter Kellerman, wat Donderdag (Suid-Afrikaanse tyd) saam met die Ndlovu-jeugkoor ’n Hollywood Music in Media-prys losgeslaan het.

Wouter Kellerman en die Ndlovu-jeugkoor.

Hulle het die prys vir beste onafhanklike musiekvideo gekry vir hul Zoeloe-weergawe van die Britse sanger Ed Sheeran se liedjie “Shape of You”.

“Ons is altyd verbaas wanneer ons in Amerika optree oor hoe die gehore by die Suid-Afrikaanse musiek aanklank vind. Hulle is dikwels gaande oor die musiek wat ons daar opvoer. Ek dink dit is die roots-element wat tot almal spreek, asook die universele taal wat musiek praat.”

Die video is meer as 20 miljoen keer op sosiale media gekyk en dit het die aandag van die werklikheidsreeks America’s Got Talent getrek. Die Ndlovu-koor, ’n koor van Limpopo, is toe vroeër vanjaar genooi om aan die reeks deel te neem.

Kellerman en die Ndlovu-koor het die video van “Shape of You” verlede jaar in die Wieg van die Mensdom verfilm.

“Ek is mal oor hul (die koor se) energie, gees en entoesiasme,” sê Kellerman.

“En dis lekker om te kon help om hul talent aan die wêreld te wys. Dis fantasties hoe hierdie kinders presteer.”

‘In a Different Light’, Wouter Kellerman se album wat vroeër vanjaar uitgereik is.

Kellerman sê die gebruik van ’n bekende lied is ’n goeie strategie op YouTube.

“ ’n Bekende lied strek wyer, want mense wat Ed Sheeran se lied soek, sal dalk op ons weergawe afkom en sien watter ander werk ons afsonderlik doen.”

Die lied is ook ’n snit op Kellerman se jongste album In a Different Light wat vroeër vanjaar uitgereik is.

Intussen word die Ndlovu-koor se debuutalbum, Africa, volgende week uitgereik.

Ralf Schmitt, leier van die Ndlovu-koor, is net so trots.

“Aanvanklik is die koor begin as ’n projek om werk te skep en as ek nou na my aanvanklike tweejaarplan kyk, is dit lagwekkend,” sê hy.

“Hulle het so ver gekom. Ek is so trots op die koor. Dit voel soos ’n droom wat waar geword het. Dit was tot dusver ’n ongelooflike reis wat nie beplan is nie.”

Meer oor:  Ralf Schmitt  |  Koor  |  Musiek  |  Ed Sheeran  |  Ndlovu-Jeugkoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.