Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Yo-Yo Ma kom na SA!

Yo-Yo Ma, wat wêreldwyd beskou word as een van die voorste tjelliste, gaan vir die eerste keer ’n konsert in Suid-Afrika aanbied.

Ma, wat van Chinees-Amerikaanse afkoms is, gaan op 8 Februarie 2020 al ses tjellosuites deur die Duitser Johann Sebastian Bach in die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad uitvoer. Die konsert sal sowat twee uur 40 minute duur.

Die uitvoering is deel van Ma se konsertreeks The Bach Project , wat hy beoog om 36 keer op ses vastelande aan te bied.

Volgens sy amptelike webwerf, www.yo-yoma.com, het Ma (64) die projek begin om nie net sy “verhouding van ses dekades” met Bach se musiek te vier nie, maar ook om die musiek te gebruik om mense bymekaar te bring in ’n tyd wat meningsverskille, verdeeldheid en onenigheid hoogty vier.

Die konsertreeks het in Augustus 2018 in Amerika begin en het reeds in Duitsland, Kanada, Indië, Mexiko, Peru, Chili, Spanje, Oostenryk, Griekeland, Libanon, Suid-Korea, China en Australië gedraai. Dit sal ook in Nieu-Seeland en Indonesië aangebied word voor Suid-Afrikaners die bekroonde tjellis vir die eerste keer op eie bodem op die verhoog sal sien.

Yo-Yo Ma. Foto: Getty Images

Ma het die tjello begin bespeel toe hy net vier jaar oud was en het aan die wêreldbekende Julliard-musiekskool in New York studeer. Hy het in 1976 ’n graad in antropologie aan die Harvard-universiteit verwerf.

Hy het in sy loopbaan reeds meer as 100 albums gemaak en 19 Grammy-pryse gewen. In 2001 het pres. George W. Bush die nasionale medalje van die kunste aan Ma toegeken, en in 2011 het pres. Barack Obama ook die presidensiële medalje van vryheid aan hom oorhandig.

Ma lewer sy uitvoerings om die beurt op drie tjello’s: ’n 2003 Moes & Moes-tjello, ’n 1733 Montagnana-tjello en ’n 1712 Davidoff Stradivarius.

  • Yo-Yo Ma: The Bach Project word op 8 Februarie 2020 om 19:00 in die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad gehou. Kaartjies kos R900 en kan by Webtickets bespreek word.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.