Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Zoid en Maree hou konsert
Karen Zoid en Matthys Maree bied vir die volgende vier dae ’n aanlyn konsert aan. Foto: Verskaf

As daar tot dusver dan een goeie ding met Karen Zoid gebeur het tydens dié tydperk waarin die Covid-19-pandemie die wêreld op sy kop gekeer het, is dit dat sy en haar jare lange vriend Matthys Maree uiteindelik die tyd gekry het om saam ’n vertoning aan te bied.

Dié rocker en TV-aanbieder en Maree tree wel nie voor ’n gehoor op nie, maar hul konsert sal aanlyn te sien wees.

Maree, baasbrein agter Optog!, is ook ’n gevierde musikant en vervaardiger.

“Oor die laaste paar jaar het ek en Matthys al verskeie groot projekte en produksies op die planke gebring,” sê Zoid.

“Ja, ons samewerking strek oor ongeveer 15 jaar,” sê Maree en voeg by: “Een van die songs wat ons tydens die konsert doen, Pseudonym, het ons ook saam opgeneem vir haar Postmodern World-album van 2007 en dit word vir die eerste keer sedertdien saam uitgevoer.

“Verder sien ons mekaar jaarliks gereeld op verhoë in teater en korporatiewe kontekste en beplan ons al vir jare aan ’n gesamentlike konsert met net klavier en stem.”

Volgens Zoid is die projek juis spesiaal omdat dit so eenvoudig en die optrede eerstens intiem is.

“Ons deel hierdie spesiale oomblik waar ek slegs ’n sanger en hy slegs die pianis is,” sê sy.

Volgens haar “gebeur”’ teater wanneer die kontras tussen lig en donker duidelik word.

Volgens haar “gebeur”’ teater wanneer die kontras tussen lig en donker duidelik word.

“Dit is daardie fyn balans tussen beheer en om iets geheel en al te laat gaan,” verduidelik sy.

“In daardie oomblik voel dit werklik of enigiets kan gebeur, en dit dóén!”

Hierdie intieme konsert, waarin Zoid ’n keurspel van haar gunstelingliedjies sing, is in die Kaap opgeneem.

“Die stel in hul ateljee, Mothership Studios in Philadelphia, is asemrowend in die styl van Republiek van Zoid Afrika, maar intiem en warm,” sê Maree.

“Ons ‘besoek’ almal – van Frank Sinatra, John Lennon, Little Richard en Joni Mitchell tot natuurlik ’n rits Zoid-treffers van oor die jare heen.”

Dié konsert sal net vir vier dae in Optog! se e-biblioteek beskikbaar wees.

Die konsert word van 16 tot 19 Julie aangebied en die kaartjies daarvoor kos R150 stuk.

Bespreek by www.optog. co.za.

Meer oor:  Matthys Maree  |  Karen Zoid  |  Virtuele Konsert  |  Koronakonsert  |  Aanlyn  |  Konsert  |  Aanlyn Konsert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.