Sedert die 1960’s word Giulio Cesare al in die groot wêreldklas-operahuise opgevoer, met Joan Sutherland en Beverly Sills wat bekend was vir hul vertolking van die heldin Cleopatra. Curtis span ’n groep jong baroksangers in vir sy opname.
Die twee Kanadese Marie-Nicole Lemieux (as Cesare) en Karina Gauvin (as Cleopatra) lei die geselskap. Lemieux het ’n ryk stem en swaar borsregister, wat van haar Cesare ’n bombastiese karakter maak. By tye voel haar aanslag dalk té dramaties.