Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Speletjies
Fikile gaan help om Somizi ‘te braai’

Fikile Mbalula, oudminister van polisie en tans die ANC se verkiesingshoof, kry eersdaags die kans om sy lyf komediant te hou.

Fikile Mbalula toe hy nog die minister van polisie was. Foto: Lulekwa Mbadamane/ Daily Sun

Mbalula, wat bekend is om sy humor op Twitter en Instagram, gaan deelneem aan die Comedy Central Roast of Somizi (Mhlongo), Idols-beoordelaar en werklikheidsreeksster.

Die Roast word volgende Donderdag opgeneem en op 7 Mei uitgesaai.

’n Roast is ’n Amerikaanse programformaat waar ’n eregas, in hierdie geval Mhlongo, onder skoot kom.

’n Paneel spot met dié eregas om die gehoor te vermaak, maar ook om hulde aan hom te bring.

Ander Suid-Afrikaanse vermaaklikheidspersoonlikhede soos die komediant Schalk Bezuidenhout, Kurt Darren en Gareth Cliff neem ook deel. Cliff is die voorsitter van die paneel.

Die Comedy Central Roast of Somizi is die derde Suid-Afrikaanse Roast met Steve Hofmeyr wat in 2012 en Kenny Kunene wat in 2014 deurgeloop het.

Mhlongo is bekend om sy flambojante persoonlikheid. Benewens Idols was hy al te sien in twee werklikheidsreekse, Living the Dream with Somizi

en I Am. Hy is ook ’n choreograaf en ’n omroeper by MetroFM.

Hy is ’n pa, maar het onlangs verloof geraak aan sy vriend, Mohale Motaung. Hy het al gesê dat sy seksualiteit uitdagings aan hom bied.

Die kaartjies vir die opname, by die Lyric-teater by Gold Reef City, is uitverkoop.




Meer oor:  Roast  |  Comedy Central  |  Fikile Mbalula  |  Somizi Mhlongo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.