Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Speletjies
Kaap stel eerste superspeelpark bekend
Die binnekant van Suid-Afrika se eerste Superpark.

Kaapse inwoners kan die langnaweek in Suid-Afrika se eerste Superpark by die V&A Waterfront speel.

Die avontuurpark word in The Watershed reg langs die akwarium gehuisves en is ten volle toegerus. Kinders en volwassenes word in dié park se PlayDate-afdeling verwelkom.

Dit is op die grondvloer en bevat ’n hidernisbaan, ’n doolhof, ’n glykabel en ander speletjies, soos ’n putt-putt-baan.

HintHunt is op die boonste vloer en het meer as 1 miljoen spelers wêreldwyd. Spelers van dié sogenaamde “escape games” word in een van vier avontuurkamers toegesluit en moet ’n manier vind om binne ’n uur te ontsnap.

Dit is Maandae tot Sondae oop tussen 10:00 en 19:00.

Meer oor:  V&A Waterfront  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.