SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Speletjies
Politieke bordspeletjie sal jou laat lag en dink
House of Cronies

’n Nuwe kabinet, president of internasionale bondgenoot kan nou in die veiligheid van jou eie huis gekies word.

Die bordspel House of Cronies oor Suid-Afrikaanse politiek is pas bekend gestel deur die span van die bekroonde satiriese televisieprogram, ZANews.

Dié speletjie oor politieke invloed, taktieke en korrupsie gee Suid-Afrikaners die geleentheid om hul eie toutjies te trek in die gegewe politieke landskap.

Kabinette moet gevul word en stemme word verwerf om as wenner weg te stap.

Drie tot vier spelers ding mee om portefeuljes in die kabinet te vul met die kaarte van 28 bekende Suid-Afrikaanse politici en beroemdes. Dit sluit in die Guptas, Pravin Gordhan, Malusi Gigaba, Khanyi Mbau, Fikile Mbalula, Helen Zille, Trevor Noah, Hlaudi Motsoeneng en Thuli Madonsela.

Die president kan gekies word uit Cyril Ramaphosa, Julius Malema, Mmusi Maimane en Jacob Zuma.

Spelers kan ook internasionale bondgenote kies uit onder meer Donald Trump, Angela Merkel of Kim Kardashian.

Spelers kan politici omkoop, maar moet waak teen kabinetskommelinge, ondersoeke na geldwassery en skandale. Tog, wie nie waag nie wen nie.

Bekendes wat volgens ’n mediaverklaring al die spel uitgetoets het, sluit in komediante soos Angel Campey, Zapiro, Nik Rabinowitz, Yaaseen Barnes en Kagiso Mokgadi.

House of Cronies is ontwikkel na die einde van ZANEWS om Suid-Afrikaners oor politiek te laat praat en nadink in aanloop tot die nasionale verkiesings volgende jaar.

*House of Cronies is nou beskikbaar by Exclusive Books, Takealot.com en by www.houseofcronies.co.za.

Meer oor:  Zanews  |  Politiek  |  Bordspeletjies  |  House Of Cronies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.